Wees krities én eerlik oor apartheid

2012-07-14 16:01

Anton van Niekerk is ’n filosoof en filosowe hou hulle byna kenmerkend besig met onder meer die moraliteitsvraagstuk.

Wanneer die skoenmaker hom by sy lees hou, is Van Niekerk se dekonstruksie van die komplekse

nuanses van moraliteit byna altyd interessant, maar sy akademiese relaas (“Klad van apartheid nie só weggepraat”, Rapport 8 Julie) hou nie noodwendig tred met die politieke werklikhede of selfs, soos in die geval van Hermann Giliomee se oorsig (Rapport 1 Julie), die ekonomiese werklikhede van apartheid nie.

Van Niekerk trap water wanneer die gesprek buite sy vakgebied gevoer word, maar soos dit nou maar filosowe betaam, verhinder dit hulle nie om ’n nes vol eiers te lê oor wat ook al ter sprake is nie.

Giliomee het nog nooit ’n diskoers bevorder wat apartheid “vergoeilik” nie. En dit is inderdaad sinvol om die feitelike werklikhede van apartheid op te weeg teen die populêre geskiedskrywing van politiek korrekte filosowe of die dominante politieke heerskappy van die dag.

’n Behoorlike verstaan van apartheid behoort die analitiese onderskeid tussen ’n diktatuur en ’n outoritêre staat te bevestig.

Albei staatsvorme berus op meer as net ’n politieke en ekonomiese immoraliteit, maar om die twee konsepte gelyk te stel sal beslis die korrektheid van jou konklusies skeeftrek.

Of moraliteit op ’n glyskaal van twyfelagtigheid geplaas kan word, is ’n kwessie wat Van Niekerk beter kan beredeneer as ek, maar sy verstaan van die politieke gevolge van die onderskeid klink verdag.

Politieke stelsels, self twee uiteenlopende regimes soos apartheid en ’n republikeinse demokrasie, kan nie in absolute terme van mekaar geskei word nie. Daar is ’n konti­nuïteit tussen die staat van die Nasionale Party en dié van die ANC wat nie weggeredeneer kan word nie. Selfs sommige van die outoritêre neigings binne die nuwe heerskappy het beslag gevind in die politieke konfigurasies van die apartheidstaat.

Daar was ook inderdaad, soos Giliomee dit “skaamteloos” bevestig met ’n oorsig van feite, kondisies wat aanleiding gegee het tot die vestiging van ’n relatiewe oorlewingskapasiteit onder swart Suid-Afrikaners. Van Niekerk hoef net ’n welwillendheidsbesoek aan skole in Soweto te bring om die vermoede te bevestig dat skolastiese opleiding sedert 1994 in werklikheid agteruitgegaan het.

Indien dit die logika is, was die onderrig van die apartheidstaat sonder twyfel in relatiewe terme meer toeganklik vir arm, swart Suid-Afrikaners as wat tans die geval is. En dít is ’n veralgemeenbare toestand en relaas wat waarskynlik mediese sorg ook geld.

’n Belangrike punt wat Giliomee se navorsing toon, is dat kapitaal­eienaars inderdaad die beskermende domein van die outoritêre staat verkies, vandaar die relatief vooruitstrewende groei in byna al die wêreld se diktature of outoritêre regimes.

Van Niekerk se fundamentalistiese bekladsel van die komplekse nuanses van die verlede gee ironies genoeg geredelik ruimte vir opportunistiese regse interpretasies van die verwerplike morele regverdigings vir apartheid.

Genoeg swart Suid-Afrikaners het nou al die punt gemaak dat die nuwe elite nie daarin slaag om sosiale kapitaal te maak uit die infrastruktuur wat ontstaan het deur die immorele uitbuiting van swart arbeid nie.

Niemand hoef meer skaam te wees vir gesonde oordeel nie, en Van Niekerk se aantyging dat ’n gebalanseerde of genuanseerde ontleding (geskoei op data en interpretasie) van die staat van die verlede gelyk is aan die gevolgtrekking “apartheid was nie so erg nie”, is oneerlik.

Om die waarheid te sê, dit is dieselfde logika wat gebruik word om die liberale diskoers te ondermyn.

Van Niekerk lees selektief en maak die gevolgtrekking dat Giliomee die totale verstaan van apartheid tot ’n konklusie oor die ekonomie reduseer. Ter wille van kollegiale vroomheid sal ek nie die woorde moedswillig, oneerlik en snert gebruik as beskrywings vir dié argument nie, maar dit kom tog by my op.

Giliomee vestig die fokus van sy relaas spesifiek op sosiale en ekonomiese implikasies van politieke stelsels vir gemeenskappe wat uitgesluit word van die voordele van deelname aan daardie politieke stelsel. Die oorsprong van Van Niekerk se akademiese moedswilligheid is waarskynlik die vrees dat sy opinie oor moraliteit deur regse of immorele regverdigings vir apartheid gekaap kan word. Hy doen groot moeite om hom van Dan Roodt of Solidariteit te distansieer, maar dit kom teen ’n prys vir sy eerlikheid.

Giliomee het nog nooit iets geskryf of geargumenteer wat my die idee gee dat hy nie die apartheidstaat as enigiets anders as moreel verwerplik ervaar het nie. Om krities en eerlik met die geskiedenis om te gaan is nie ’n reaksionêre onderneming nie, en soms sal die feite indruis teen die grense van jou morele oorwegings.

Apartheid was ’n misdaad teen swart Suid-Afrikaners, maar as ons dit wil wéét eerder as om dit net te glo, moet filosowe dalk liewer nie te veel eiers lê nie.

Dr. Piet Croucamp is ’n dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!