Wegholaksie met houding

2012-08-25 23:27

Tony Scott

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Niemand kon soveel stylvolle skop in ’n aksiefliek sit soos die rolprentregisseur Tony Scott, wat Maandag van ’n hangbrug in Los Angeles na sy dood gespring het, nie.

Hy het sy flieks gelooi met swiepende kamerabewegings, ’n cool houding, uitstekende produksiewaarde en blitssnelle redigering.

Daar is min regisseurs wat ’n wegholtrein soveel woema kon gee as Scott in Unstoppable, een van sy topflieks. G’n wonder Denzel Washington het vyf keer saam met hom gewerk nie; ook in Man on Fire, Crimson Tide en Deja Vu.

Tony, broer van Ridley Scott (regisseur van Gladiator, Thelma and Louise en Robin Hood), is in 1944 in Northumberland, Engeland, gebore. Hul ma het die twee gereeld fliek toe geneem en die broers het verlief geraak op kameras.

(Tony het, terloops, die hoofrol gespeel in sy ouer broer se debuut, Boy and Bicycle, wat hy in 1965 as finalejaarstudent aan die Royal College of Art gemaak het.)

Albei het hulle ná hul studie in die advertensiewêreld begeef en duisende advertensies geskiet voordat hulle uiteindelik rolprente begin maak het.

Anders as sy broer, wat ernstiger flieks gemaak het, het Tony dit sy lewenstaak gemaak om oppervlakkiger tekste met styl te vertolk.

In die proses het hy beweging en jaagtogte ’n stylvolle houding gegee soos min ander regisseurs. Hy was ook lief om kanse te waag.

Min mense het gedink Top Gun sou werk, maar dit het van Tom Cruise ’n superster gemaak.

Toe Cruise in Days of Thunder gespeel het, het Tony gegrinnik: “Sit hom agter ’n stuurwiel en druk ’n sigaret tussen sy lippe en die fliek werk.” (Ongelukkig was dit toe nie so maklik nie; die fliek was ’n mislukking.)

Hy het altyd stewige beheer oor sy rolprente gehad wat elk die Scott-stempel gedra het. So het hy Quintin Tarantino se draaiboek vir True Romance in ’n onverwagte sukses omgeskep, terwyl hy ’n stylvolle beeld van Keira Knightley in die psigedeliese Domino geskep het. Dit het aan surrealistiese aksie gegrens, want Scott het aksievrate na plekke geneem waar hulle nog nie voorheen was nie.

Sy helde was hardebaarde van min woorde wat nie geskroom het om tot aksie oor te gaan nie.

Scott het die gehoor selde kans gegee om eers aan die donker van ’n teater gewoond te raak voordat hy met blitsige aksietonele afgeskop het waarin die tollende kamera self ’n obsessiewe karakter geword het.

Scott, wat altyd ’n verbleikte, rooi bofbalpet gedra het (ooggetuies sê hy het dit opgehad toe hulle hom Maandag op die brug opgemerk het), was besig om aan Top Gun 2 te werk, asook om die derde reeks van TV se The Good Wife saam met Ridley te vervaardig ten tyde van sy dood.

Ridley was so ontsteld oor sy broer se dood dat hy die verfilming van sy jongste rolprent gestaak het.

Luidens berigte het Tony aan ’n ongeneeslike kanker van die brein gely. Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!