Wettiese kerke vernietig mense

2012-06-30 15:14

Anshel (oftewel Yentl) tydens haar huwelik met Hadassa, vertolk deur Amy Irving (links) – ’n toneel uit die fliek Yentl, met Barbra Streisand in die hoofrol.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die kwessie van gay predikante in die bediening is weer op die voorgrond met die nuus dat Ecclesia de Lange (42) die Metodiste-kerk hof toe wil neem nadat sy as predikant geskors is oor haar huwelik met ’n vrou sowat twee jaar gelede.

Die NG Kerk se aandrang dat Lulani Vermeulen ’n eed van selibaatheid moet aflê voordat sy gelegitimeer kan word, is welbekend.

Een van die vrae wat dikwels gevra word, is waarom hierdie mense die keuse gemaak het om in die teologie te studeer met die bedoeling om predikant te word terwyl hulle bewus was van die teenstand binne kerkgeledere teen gay predikante.

So ’n standpunt is ’n implisiete bevraagtekening van die betrokkenes se geroepenheid en terselfdertyd die versterking van die manlike hegemonie in die kerk deur ’n vrou van die predikants­amp te weerhou.

Waar betoë faal om mense tot ander insigte te bring, kan ’n verhaal soms slaag.

In Yentl the Yeshiva Boy (wat baie lesers sal ken as die inspirasie vir die rolprent Yentl, met Barbra Streisand in die hoofrol) beskryf die Nobelprys-wenner Isaac Bashevis Singer ’n jong Joodse vrou met ’n passie vir die studie van die Tora – iets wat vir haar as vrou streng verbode was.

In die geheim onderrig haar rabbi-pa haar ter wille van dit wat hy beskryf as haar “manlike intellek in ’n vroulike liggaam”.

Ná haar pa se dood vermom Yentl haar as ’n man en gaan studeer onder die naam Anshel aan ’n “yeshiva”, ’n studiehuis vir voornemende rabbi’s.

Hier raak sy verlief op een van haar studiemaats, Avigdor, en om naby hom te wees sluit sy ’n skynhuwelik met sy eksverloofde, Hadassa.

Deur die manipulasie van seksuele voorskrifte stel sy die volvoering van haar huwelik uit, maar haar spel word ondraaglik, veral as Hadassa op haar verlief raak.

Op ’n naweek-uitstappie saam met Avigdor openbaar sy aan hom haar ware identiteit en haar liefde vir hom – iets wat hy as wederkerig herken.

Die slot van die boek en die fliek verskil. Die gelukkige einde van die rolprent is dat ’n bevryde Yentl haar studies in ’n minder ortodokse omgewing voortsit terwyl sy kontak hou met ’n gelukkig getroude Hadassa en Avigdor.

In Singer se verhaal verdwyn Yentl van die toneel en leef Avigdor en Hadassa ongelukkig met mekaar saam omdat albei dieselfde derde persoon liefhet: An­shel alias Yentl.
 
Die tema van Singer se verhaal is dat starre wettiesheid mense kan vernietig. Yentl verwerp geslag as die rede vir die verbod om die Tora te bestudeer op grond van haar Godgegewe intellek en verbeelding.

Dit is die hoë prys wat die kuratorium van die onderskeie kerke van Lulani Vermeulen en Ecclesia de Lange vra om hul ideale om predikant te word te verwesenlik: die verbreking van ’n liefdesverhouding en die lei van ’n selibate lewe.

Die kerke moes tog besef het dat hulle sou weier, of het hulle gehoop die individue sou oneerlik wees sodat die saak uit die openbare oog gehou kon word? ’n Kerk wat glo ’n lewenslange selibate bestaan is afdwingbaar op enige persoon – hetero- of homosek­sueel, binne of buite die huwelik – is doodgewoon naïef of oneerlik of albei.

Enigeen wat tot sulke voorskrifte instem, sal, soos Yentl, ontdek dat jou goeie verstand nie jou ontwaakte drif onbepaald kan beheer nie, selfs as dit kerklik ontoelaatbaar is.

Die kuratorium van die teologiese fakulteit het net een vrouelid en sy komitee wat oor Lulani beslis het, het net uit mans bestaan. Waarom sit mans wat nie patriargaal dink nie hoegenaamd nog in sulke komitees?

Waarom volg hulle nie John Shelby Spong se voorbeeld nie:

“I do not care to worship a God defined by masculinity. I am not tolerant of gatherings where all the participants are men, sitting in a solmn assembly... and acting as if they can determine what a woman may morally do with her own body. I have no interest in being part of an institution that is so deeply biased against women and intends to stay that way.”

Yentl wou niks anders doen as om die Tora te bestudeer nie; Lulani wil preek en sy weier om op ’n syspoor gerangeer te word.

Singer is ’n realis omdat hy binne die uiters ortodokse milieu wat hy skep Yentl uit die verhaal laat verdwyn.

Ek hoop nie dit gebeur met Lulani of Ecclesia nie.

Maar, helaas, die kerk is bereid om ’n potensiële predikant op te offer ter wille van wettiesheid en vrese oor hoe nog homofobieser kerke sal reageer.

Die nuwe Nederlandse Bybelvertaling het nie opskrifte by hoofstukke nie. Hoofstuk 5 van Matteus begin met die “saligsprekinge” en in dieselfde hoofstuk sê Jesus hy het nie gekom om die Wet en die Profete af te skaf nie, maar om hulle tot vervulling te bring.

Terselfdertyd radikaliseer hy die Wet so dat sy luisteraars tot die besef moet kom dat niemand die Wet kan onderhou nie.

Om net na ’n vrou te kyk en haar te begeer, is reeds owerspel. In teenstelling tot die wettiesheid wat ongelukkig maak, is daar diegene vir wie Jesus gelukkig (“salig”) verklaar: die nederiges, die vredemakers, die sagmoediges, die barmhartiges.

So het Jesus altyd gepraat: liefdevol, ontfermend, onveroordelend, vrymakend. As sy stem toenemend al hoe stiller word in die kerk, sal die dominees uiteindelik besef dat hulle vir banke preek.

Prof. Lina Spies is ’n afge­tre­de dosent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
135 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tax Risk Specialist – JHB CBD

Johannesburg CBD
DAV Professional Placement Group
R1 - R800000

Tax Compliance Officer - JHBN

South Africa
DAV Professional Placement Group
R550000 - R600000

Digital Marketing Account Manager

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
R100000 - R200000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.