Wittes soek identiteit in onthou van oorlog

2012-02-04 14:44

Baie veterane van die Bosoorlog kom na hom op soek na ’n Pro Patria-medalje, sê Cameron Blake. | Foto: DANIELLE KARALIS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe die Africa Star, ’n klein winkeltjie in Langstraat in Kaapstad, ’n dekade of wat gelede sy deure oopgemaak het, was die klante meestal hardebaardversamelaars van oorlogmemorabilia en gays op soek na ’n vlootuniform vir Vrydagaand se fancy dress.

Maar so ses jaar gelede het ’n nuwe soort klant sy verskyning gemaak, vertel Cameron Blake van waar hy agter ’n volgepropte vertoonkas sit.

Dié klant was wit, in sy 40’s of 50’s en baie duidelik nie ’n versamelaar nie. Hy het net in een ding belang gestel: ’n blou-en-goudkleurige Pro Patria-medalje, die eerbewys wat lede van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag gekry het vir aktiewe diens tydens die Grensoorlog.

Hy is ’n veteraan van daardie oorlog, sou hy dan verduidelik, maar het sy ou Pro Patria-medalje weggegooi ná 1994. ’n Mens wou nie destyds spog oor jou deelname in ’n oorlog waaroor niemand meer wil praat nie. En in elk geval ondersteun hy die idee van ’n nuwe Suid-Afrika en wil aanbeweeg.

Maar nou, 20 jaar later, wil baie van dié veterane hul Pro Patrias terughê, daarom hul besoek aan winkeltjies soos die Africa Star.

Die fenomeen het hom begin interesseer, vertel Blake terwyl hy ’n Pro Patria uit sy boksie haal om vir my te wys hoe die medalje lyk.

Hy het self ook nasionale diensplig gedoen – reg aan die einde, in 1992 – en hy het ook ’n vreemde behoefte begin voel om sy ou soldate-dae, herinneringe wat hy sedertdien na ’n agterkamer van sy geheue verban het, te herbesoek.

Hy het toe begin om bandopnames te maak van die stories wat sy klante vertel wat ou Pro Patria-medaljes by hom kom soek.

Dié vertellings is uiteindelik opgeneem in ’n boek, Troepie: From Call-Ups to Camps (wat later ook in Afrikaans vertaal is as Troepie: Van blougat tot bosoupa). Die boek bestaan uit ’n versameling kort vertellinge en essays oor die weermag en was gou ’n blitsverkoper.

Tog hou die stroom van boeke , liedjies en toneelstukke met die Bosoorlog as tema nie op nie.

Deon Opperman se toneelstuk Tree aan! het maande lank vol sale getrek terwyl Anthony Akerman se Somewhere on the Border (wat reeds in die 1980’s geskryf is en deur die ou regering verbied was) onlangs weer in Johannesburg se Markteater geopen het.

Noem dit op: voetsoldate, generaals, parabats, recces, vegvlieëniers, polisiemanne, sielkundiges, medics. Daar is niemand wat by die oorlog betrokke was wat nie al hul kant van die storie vertel het nie. Daar is selfs Moffie, ’n boek oor hoe dit was om gay te wees in die army.

Maar hoekom nou, meer as 20 jaar later, die fassinasie met die Grensoorlog?

Miskien bied die ondervinding van my geboorteland, Amerika, ’n paar leidrade tot dié raaisel.

Een van my eerste politieke herinneringe was hoe ek op televisie sien hoe die swart-en-wit POW-MIA-vlag, ’n vlag wat Amerikaners aanmoedig om nie soldate wat in Viëtnam gevange geneem of weggeraak het te vergeet nie, bokant die Withuis gehys word. Dit was in 1989, meer as twee dekades nadat die Viëtnam-oorlog geëindig het, maar dit was die eerste keer dat ’n vlag wat mense herinner aan die lot van Amerikaanse troepe in daardie oorlog bo die Withuis gehys is.

Viëtnam, net soos Suid-Afrika se Grensoorlog, was moreel en takties problematies. En, net soos Suid-Afrika, het Amerika uiteindelik Viëtnam onder verdenking verlaat. Dit het Amerikaners uiteindelik 20 jaar geneem voordat hulle die kollektiewe moed gehad het om met die werklike kompleksiteit van dié konflik – soos die moontlikheid dat Amerikaanse soldate van hul makkers agtergelaat het – te begin stoei.

Op dieselfde manier suggereer die verskeidenheid van (soms gemengde) boodskappe wat nou in die populêre kultuur in Suid-Afrika na vore kom ’n soortgelyke siklus van vergeet en onthou.

Dit is in baie gevalle asof die magiese 20 jaar-siklus die deelnemers aan ’n oorlog vrystel van die behoefte om kant te kies, met die gevolg dat hulle uiteindelik die ware kompleksiteit en individualiteit van hul eie ondervindings kan ondersoek.

Christo Doherty, ’n fotograaf en veteraan van die oorlog, het verlede jaar ’n uitstalling gehou van foto’s van speelgoedsoldaatjies afgeneem teen die agtergrond van die Angolese bos.

Hy sê hy het die behoefte gevoel om die teenstrydige gevoel oor sy diensplig, die nostalgie gemeng met bitterheid en skaamte, te beskryf.

Hy was onseker hoe ander veterane sy foto’s sou ontvang omdat dit die “groter as lewensgroot” beeld ondermyn wat soldate dikwels oor hulself het. Hy sê baie van die mense wat die galery besoek het, was oudsoldate, nie die gewone arty crowd wat gewoonlik in kunsgalerye te sien is nie.

“Ek was verwonderd daaroor dat militariste na die uitstalling gekom het met opregte belangstelling, eerder as vyandigheid,” vertel hy.

In baie van die boeke en toneelstukke oor die oorlog is daar egter ook iets anders te bespeur: Dit is nie bloot ’n hervertelling van gebeure nie, maar ook ’n heronthou.

Die beste voorbeeld hiervan was Opperman se Tree aan!, wat die weermag uitbeeld as ’n soort pretkamp vir seuns. Een met ’n parate Boereseun, ’n Engelsman, ’n vriendelike, vet Joodjie en ’n fascistiese bevelvoerder.

En dan, aan die einde van die opvoering, volg ’n ererol van name wat oor ’n skerm rol van soldate wat in die oorlog omgekom het. Dit is ’n vreemde oomblik omdat so baie van die name dié van swart mense is, terwyl die akteurs wat jy pas op die verhoog gesien het (met die uitsondering van ’n tuinier en die “terroris”) almal wit was.

Toe ek vir Deon Opperman, die skrywer van die toneelstuk, vra of swart mense ooit na Tree aan! kom kyk het, was sy antwoord: “Baie min. Hoekom sou hulle? Hulle het nooit in daardie oorlog geveg nie.”

Dis natuurlik nie waar nie. Honderde Namibiërs en Angolese het skouer aan skouer met wit Suid-Afrikaanse soldate geveg.

Teen die 1980’s was baie van dié eenhede ten volle geïntegreerd.

Een Afrikaanse vriend vertel my dat dit danksy die weermag was dat hy homself ’n nie-rassige Suid-Afrika kon verbeel, want dit was in die weermag waar hy vir die eerste keer ’n badkamer met ’n swart man – ’n mede-offisier – gedeel het.

Ondanks dié verskeidenheid is dit die een feit wat verswyg word in die huidige besprekings oor die oorlog, met min of geen boeke wat klem lê op die ondervinding van hierdie soldate nie.

Miskien is dit omdat hulle minder goed opgevoed was (en steeds is?). Maar miskien is hulle ook minder geïnteresseerd. Om die oorlog te herbesoek het ’n wit behoefte geword.

Ek dink dit is omdat die Grensoorlog tot onlangs ’n voertuig geword het vir die breër heroorweging van wit Suid-Afrikaanse identiteit.

Die einde van apartheid was bedoel om ’n einde van ras te beteken, maar soos die jare aanstap, is dit duidelik dat ras nie verdwyn nie.

So, die vraag ontstaan: Wat beteken dit om wit te wees, sonder mag? Is daar ’n “wit kultuur” wat die grense tussen Afrikaner, Engelsman en Jood oorsteek?

Kultuur word gebou op gedeelde rituele en stories en die Grensoorlog is besig om albei rolle te vervul.

Omdat alle wit mans, met enkele uitsonderings, diensplig moes doen, is dit waarskynlik die naaste wat wit mans kan kom aan ’n gedeelde ondervinding, miskien soortgelyk aan swart inisiasieskole.

Dit mag middeljarige mans wees wat na die Africa Star toe gaan op soek na ’n Pro Patria, maar dit is jong mense wat na vertonings soos Tree aan! en

Somewhere on the Border gaan kyk.

Hulle gaan kyk, dink Opperman, omdat hulle toegang wil kry tot daardie geslote gemeenskap en broederskap wat die weermagpeloton simboliseer.

Eve Fairbanks is ’n Amerikaanse joernalis wat in Suid-Afrika woon en werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.