Wolwedans net begin vir Jozua

2012-10-07 00:24

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jozua Malherbe is eers drie jaar nadat Wolwedans in die skemer oor die radio begin het, gebore.

“Toe die reeks klaargemaak het, het ek skaars begin praat.”

Nou is hy die regisseur wat die gewilde 1979-radiodrama, wat destyds ’n miljoen luisteraars gehad het, op die silwerdoek moes vaspen.

Wolwedans in die skemer is Vrydag landwyd bekend gestel.

“Terwyl ons aan die fliek gewerk het, het ek die hele tyd aan my ouma Mona (82) gedink,” sê hy.

“Sy hou van stories en ek het die fliek geskiet asof ek die storie vir haar vertel.

“Ek het geweet as Ouma dit like, dan is dit reg. Die res het net reg ingepas.”

Dié radiodrama was nog altyd volksbesit.

“Mense loop al 20 of 30 jaar lank met die idee in hul kop. Hulle het die radiokarakters gesigte gegee – vir hulle was die storie en die karakters lewend.

“Ek wou mense se verbeelding verbysteek. Dís wat die fliek so vol en ryk maak.”

Volgens Malherbe het hy nooit enige druk ervaar tydens die verfilming nie.

“Ek en ’n amazing span is vir vyf weke Hazyview toe gestuur waar ons heeltyd in hierdie kreatiewe atmosfeer gewerk het.

“Alles was net soveel pret, en dis waarop ons gefokus het.”

Leon van Nierop (skrywer van die boek waarop die radiodrama gegrond was) het ook gereeld op die stel ingeloer.

“Daar was ’n beautiful sinergie tussen my en Leon. Ek dink hy sou my beslis gekeer het as ek nie reg gemaak het nie.

“Ek het ook aan die einde van elke dag my skote vir Leon gewys. Ek het net geweet ons is op dieselfde bladsy.”

Malherbe sê hy wil hê ou ooms en tannies moet die fliek net soveel soos die jonger gehore geniet.

“Dis my eerste fliek as regisseur en ek is baie trots op my werk.”

En wat maak volgens hom ’n goeie regisseur?

“Een wat jou storie vertel...”

Malherbe het egter meer as net ’n fliek gaan maak; hy het ook met ’n meisie teruggekom.

“What happens in Hazyview, tends to come home...” spot hy.

Hy en die aktrise Rolanda Marais, wat die hoofrol in Wolwedans in die skemer vertolk, het mekaar ná die verfilming op ’n ander vlak leer ken.

“Ek en ’n paar mense van die cast het op ’n road trip gegaan... Rolanda was een van hulle.” En sedertdien het die twee meer as net ’n werkverhouding.

Die paartjie bring graag hul vrye tyd saam deur deur te kook, flieks te kyk of te gaan stap.

Televisiekykers sal ook Malherbe se naam herken as die regisseur van die kykNET-drama Getroud met rugby.

“Dis ’n heeltemal ander styl as Wolwedans. As regisseur moet ’n mens soveel moontlik verskillende style kan doen, maar jy moet steeds jou vingerafdruk kan nalaat.”

Hy is vir die volgende vier maande in Stellenbosch, waar hy aan ’n nuwe reeks vir kykNET werk.

Thomas @ is gegrond op ’n kinderboekreeks deur Carina Diedericks-Hugo wat nou in 26 episodes omskep is.

Daarna begin hy werk aan Donkerland uit die pen van Deon Opperman.

“Dit strek oor 140 jaar van ons land se geskiedenis en ek gaan 13 episodes verfilm – dis gelyk aan ses flieks!”

Malherbe sê ook as daar nou een boek is waarvan iemand nog eendag ’n fliek moet maak, dan is dit André P. Brink se Duiwelskloof.

“Ek glo daar gaan net meer en meer movies kom. Daar is tans ’n baie sterk kreatiewe saamtrek van regisseurs.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.