Woolworths: dis nié billik

2012-09-09 01:14

’n Eienaardige praktyk het die laaste paar jaar amper ongesiens in Suid-Afrika posgevat: Die feit dat rasdiskriminasie geregverdig is indien dit regstellende aksie genoem word.

Dis pas weer geïllustreer deur die herrie wat losgebars het nadat Woolworths advertensies geplaas het wat dit duidelik maak dat sekere rasse nie aansoek hoef te doen nie.

Woolworths sê hy mag dit doen – dis regstellende aksie.

Ons glo hulle mag nie en daar is twee redes daarvoor.

Eerstens laat die Wet op Gelyke Indiensneming ’n maatskappy nie toe om kwotas te gebruik nie.

Kwotas is absolute uitsluitings en Woolworths is besig om die demografie van die land as ’n absolute maatstaf te gebruik om te bepaal of mense hoegenaamd om ’n pos mag aansoek doen.

Die Wet op Gelyke Indiensneming sê juis dat “verteenwoordiging” nie die enigste maatstaf kan wees nie.

In die onlangse regstellendeaksie-saak teen die departement van korrektiewe dienste het die regter dit ook duidelik gestel dat kwotas nie toegelaat word nie. ’n Maatskappy mag nie ’n absolute “kwota”-plafon stel nie – nie in die maatskappy nie, maar ook nie vir enige poste nie. Selfs al is daar net één pos.

Daar is reëls ten opsigte van billikheid wanneer regstellende aksie toegepas word en deur absolute uitsluitings in die aansoekprosesse het Woolworths die grense van billikheid oorskry.

In die tweede plek is Woolworths se besluit om mense uit te sluit op grond van hul ras nie moreel regverdigbaar nie.

Deur te sê jy doen iets onder die vaandel van regstellende aksie maak dit nie regverdig nie.

Anders gestel: Daar is sekere dinge wat ’n mens mag of kan doen, maar nie behoort te doen nie.

En die morele regverdigbaarheid van jou handeling word gemeet aan die gemeenskap se vraag of dit gedoen behoort te word.

In die Wes-Kaap, byvoorbeeld, meld die Woolworths-advertensie dat slegs “black africans” om sekere poste aansoek mag doen. Bruin mense, wat deel is van die “aangewese groep” wat deur regstellende aksie geteiken behoort te word, word dus uitgesluit in ’n provinsie waar hulle die meerderheid is. Dit is bisar, om die minste te sê.

Is daar morele regverdiging hiervoor?

Die advertensies beteken ook dat ’n wit persoon nie kan aansoek doen om ’n pos nie, selfs al is daar nie ’n geskikte swart kandidaat beskikbaar nie en al is daardie wit kandidaat by verre die beste kandidaat vir die pos.

Kan dit moreel geregverdig word? Neem dit die waardigheid en die reg op gelykheid van wittes in ag?

Ons het die afgelope week mense oor Suid-Afrika heen gevra om te soek na een wit kassier in ’n Woolworths-winkel.

Ons kon nie een vind nie.

Sal Woolworths dus bereid wees om advertensies vir dié posvlakke vir slegs wittes oop te stel?

Hierdie praktyk om verteenwoordiging as ’n absolute maatstaf of kwota in die aanstellingsproses te gebruik, het die laaste tyd sterk in die staatsdiens neerslag gevind.

Solidariteit is besig met 31 sake teen verskillende staatsdepartemente om dié praktyk te stop. Indien dit nie gestop word nie, word dit later reg.

Dit is presies wat nou met Woolworths gebeur. Omdat die onregmatige praktyk in die staatsdiens al so lank toegepas word, begin die private sektor dit sien as ’n reg.

Dit is hoekom ons sulke ­sake hof toe neem en waarom Woolworths ook gestuit moet word.

Ons glo die Woolworths-advertensie sal nie die toets in ’n geregshof deurstaan nie, maar veral nie in die hof van die openbare mening nie.

Maar dis ook duidelik dat die senior bestuurders in Woolworths glo dat óns verkeerd is.

Solidariteit daag Woolworths uit om saam met ons hof toe te gaan sodat ons finaal kan uitsluitsel kry oor advertensies soos dié. Ons sal die hele land ’n guns doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Great Plains Dynamics Consultant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Network Engineer L3

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

.Net / ColdFusion Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.