Woorde wat wip: Rietskraal en banaal, maar tog so in die kol

2012-01-21 14:11

Chimera s.nw. (Griekse mitologie) ’n Vuurspuwende fabeldier, van voor leeu, van agter slang en in die middel bok, wat, nadat dit groot verwoesting gesaai het, deur Bellerophon gedood is. Ndl. chimaera (1556) – uit Latyn chimaera, “eenjarig bok”, uit Grieks chimaira, “bokooi”. – Etimologiewoordeboek van Afrikaans (G.J. van Wyk et al)
Sy en haar soet binnekring van glansmense en supermodelle is almal in die lente van hul lewe.

Banaal en rietskraal, maar wie gee om? Hul geliefkoosde uitdrukking is: “Whatever!”

Daar is nie ’n week wat verbyflits waarin een of almal van hulle prominent op modeblaaie of in TV-joernaalprogramme rinkink nie.

Op TV kyk die een skerp na die kamera, tuit haar lippe, dan stel sy haarself voor.

Mens hoor die naampie nie, maar James Bond-musiek skep ’n wilde en fraai atmosfeer op die agtergrond.

Jy sien haar eers met ’n paradyskleed in ’n ontwerperswembad, dan koketterig op ’n Versace-rusbank, of al giggelende in groen weivelde waar sy oor heuwels trippel soos in The Sound of Music.

Van ghetto’s tot spogbuurte, die volk vreet soos vet varkies uit hul hande. Hul hoofde blink van sonbrandolie. Hul bankrekeninge loop oor.

Die katjies van die baan sorg dat hulle by élke swierige perderesies of openingsaand opdaag, altyd met ’n bruingebrande, Afrikaanse metrosexual en ramkat of ’n swart, flambojante, gay couturier.

Die hoofkokkedoor van die groep se naam is Dinky von Briesies-Broekhuizen. Almal noem haar sommer Dingeling, want dit het dan so ’n fraai klankie, amper soos voordeurklokkies wat tussen macramé en hangende potplante in die briesie tingeling. As iemand haar naam noem, moet sy eers stilstaan om te hoor presies wat dit is. Sy moet dan haar leë koppie stadig skuins draai, een oor skerp boontoe, ogies bottoe, soos ’n blinde kat wat ’n voëltjie hoor fluit.

Hmm… klokkies, dink sy, kos is op die tafel!

Huisvroue van Durbanville is mal oor haar omdat sy ná haar laaste troue met ’n bekende Dopper-dominee soos die spreuke van Salomo kan praat.

By groot noenmale en fuifpartye sal sy omdraai (na die TV-kameras), hand omhoog, en sê: “Die noordewind bring ’n reënbui en die tong wat agteraf praat, kwaai gesigte!”

“Waar kry jy daai reël?” sê ’n verbysterde Koisan, ook deel van die leërskare.

“Uit die Kaapse Son,” wip sy haar.

En so domineer hulle dan die ligsinnige, openbare, sosiale lugkastele van die land en massas mense sit gehipnotiseer en koekeloer na dié klomp bont narre wat soos chimeras en voëlverskrikkers spookasem oor die hele land uitspoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.