Woorde wat wip: Soos wilde perd wat runnik, voorwiel na bo

2012-01-28 13:37

Je'hu s.nw. Onverskillige drywer, bestuurder, wat soos ’n kranksinnige met hoë snelheid oor die pad jaag — n.a.v. 2 Kon. 9:24: As die skool uit is, is dit ’n aardigheid om die Jehu’s te sien voorbereidings maak vir ’n wedren ­(Die Burger). Woordeboek van die ­Afrikaanse Taal (WAT) ­(Hoofred: F.J. Snijman)

Vandag se verhaal is eenvoudig, maar waar.

’n Storie van ’n jong man en, in die woorde van Karel Schoeman, ’n lug vol helder wolke.

Dit was laatmiddag ’n paar Vrydae gelede. ’n Hittegolf het blink en vet oor Seepunt gehang. Daar was ’n ligte trilling op straat, ’n vrugbare naweek sou binne enkele ure aanbreek.

Van die straatvroue se groen en geel krullers was styf in hul hare ingedraai; vanaand word daai nagblomme se hare uitgeskud en gekwêla totdat die sterre ophou flikker.

Ek het hom gewaar in die hoofweg buite die supermark toe hy by sy kleurryke motorfiets staan. Stadig, soos ’n Wiking, vol jong krag, het hy sy valhelm opgesit en op sy ysterperd geklim. Ek het hom juis opgemerk omdat hy ’n meisie totsiens gesoen het; hulle het vir my na die toonbeeld van ’n ryp somer gelyk.

Hy het sy kragfiets aangeskakel. Hy het die versneller vinnig gedraai. Soos ’n wilde perd wat runnik, die voorwiel skerp na bo, is hy kordaat en luid vorentoe. Jehu, koning van Israel, manhaftig op sy strydwa. Soos weerlig het hy blitsvinnig oor die pad geskiet.

Die slag was soos ’n bomontploffing toe hy die groot motor tref.

Hy is kop eerste teen die passasierskant van die 4x4, besig met ’n u-draai, vas. Met die botsing slaan hy bolmakiesie hoog, hoog die lug in, hy draai, hy draai soos ’n akrobaat en val neer op die pad. Hard.

Vir ’n wyle het daar ’n grootse stilte oor die straat toegeslaan; of die dag sy asem uitblaas en diep sug.

Daar het hy gelê soos hy sekerlik gelyk het as hy slaap. Die jong gesig, bloed wat uit sy neus vloei; die lyf wat liggies beweeg.

Raak dan stil.

Sjjjj, mense, die uurwerk het gekantel. Die jong man is dood.

Toe hy klein was het sy ma hom sekerlik nag kom soen, liggies oor sy kop gevryf, haar groot, ou mannetjie.

Nou ry hy vinnig deur ’n lug vol helder wolke in sy blink koets, haar baba-seunskind. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.