Woordelose geweld

2011-02-05 17:03

As daar ’n krisis is in hoe die Afrikanerman deesdae uitgebeeld word, hou dit waarskynlik verband met die feit dat dié mans ’n onvermoë tot spraak ontwikkel het. Nie die onvermoë om te praat deur die gebruik van woorde of taal nie, maar ’n onvermoë om in outentieke woorde te praat.

Afrikanermans vind hulself toenemend met ’n onvermoë om in ’n volksmond iets kwyt te raak wat ’n volgende generasie moontlik sou koester, of minstens betekenisvol sou vind.

’n Mens sou die uitspraak kon maak dat taal die albatros om die Afrikaner se nek is. Afrikaans, daardie 18de eeuse Kaapse Fanagalo, was weliswaar ’n baster-kombuistaal, maar ook naby genoeg aan Hollands vir eertydse semi-geletterde kolonialiste om dit te beheers.

So het ’n semantiek van mag behoue gebly. Ons, die wit mans, het ons kleim afgesteek en eienaarskap vir onsself geneem deur eers aan ander name te gee – of diegene wat deur ons vasgevang is te herbenoem. (Sedertdien is hulle weer herbenoem.)

Die Afrikanermite van meerderwaardigheid is ’n storie geweef deur geweld en diskriminasie. So is dit ook as dubbelpratery in die geskiedenisboeke opgeneem – wat ook nou weer herskryf word.

Die vooroordeel, diskriminasie en geweld van die apartheidsideologie het nie aan Afrikaners die geleentheid gegun om ’n egte, outentieke identiteit te kweek nie – en die grootste erfenis hiervan is die etniese skuldgevoel wat onderstreep word deur kulturele masochisme.

Die groep van my werke wat in die uitstalling A verbis ad verbera II ten toon gestel word, hou voor dat die simboliese masochisme van die Afrikaner ’n gevolg is van sy frustrasie en onvermoë om ’n egte identiteit daar te stel wat vry kan wees van die mite wat oor geslagte heen opgebou is – die soeke na ’n identiteit wat nie in stryd sou wees met eietydse werklikhede nie.

In die uitstalling word aan die hand gedoen dat die Afrikaner ’n slagoffer is; nie van ander nie, maar van homself.

Die geweld wat uitgebeeld word, is die self se eie toedoen.

Die littekens en wonde is beeldend van psigologiese littekens wat fisiek manifesteer en wat op sowel metaforiese as werklike vlakke beskou kan word.

Daar bestaan ’n populêre opvatting dat die “kultuur van geweld” wat endemies aan Suid-Afrika is, ’n normatiewe kenmerk van ons samelewing geword het en dat geweld dikwels beskou word as ’n toepaslike middel tot ’n doel.

Graeme Simpson, eertydse besturende direkteur van die sentrum vir die studie van geweld en versoening aan Wits, skryf dat “individuals, feeling powerless or helpless in the face of dramatic social and economic upheaval, frequently symbolically reassert their power through violence in those dimensions of their lives in which they still feel they hold sway. This results in much aggression which, although social or political at root, is expressed through displaced violence within the family and the home.”

Ten spyte daarvan dat die mees omvangryke geweld in Suid-Afrika se geskiedenis veroorsaak is deur Europese kolonialisme en apartheid (en dat dié dinge ongetwyfeld grootliks bygedra het tot die “kultuur van geweld”) eien heelwat wit Suid-Afrikaners deesdae vir hulself die status van slagoffers toe; iets wat hulle dan grond op ’n valse gevoel van vervolging. So word die skadu van die oortreder die skadu van die slagoffer, en omgekeerd, om die idee te suggereer dat die twee kante van die psige mekaar van aangesig tot aangesig betrag.

Die byna serene uitdrukking van die slagoffers in dié werke is ’n verwysing na die feit dat hy moontlik ’n gewillige meedoener is aan dié gewelddadige performance.

* Richardt Strydom is ’n bekroonde kunstenaar en dosent in visuele kunste aan die Noordwes-Universiteit.



Littekens en wonde as kulturele manifestasies

A verbis ad verbera II– From words to blows II is ’n uitstalling van die 2008 Sasol New Signatures-kompetisie-wenner, Richardt Strydom, wat in die galery Artspace in Rosebank, Johannesburg, te sien is. Dit bestaan uit foto’s van wit Afrikaanse mans – sommige bekende figure soos die rock-sanger Francois van Coke – wat ’n verskeidenheid wonde van selfverminking dra.

In die programbeskrywing word die uitstalling soos volg beskryf: “In Strydom se werk word die gedagte van kulturele masochisme ontgin… (dis) ’n stap in die rigting van simbo-liese selfkwetsing, waar die beeld van die self verlore raak in veelvuldige manifestasies – dikwels verwronge, grotesk of ydel.

“Die geweld wat uitgebeeld word, word deur die self aan die self gedoen. Die littekens en wonde is simbolies van sielkundige littekens wat op fisieke vlak manifesteer en wat as sowel metafories as werklik gesien kan word.”

- Rapport

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!