Zuma hou jou dop, kader

2012-11-17 23:51

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

"Nommer Een is nou desperaat. Hy sal enigiets doen om aan die bewind te bly,” sê die man oorkant my terwyl hy teug aan sy tweede koppie swart koffie.

Hy is ’n ANC-lid, ’n harde man, gebore en getoë in die struggle.

Hy is bekommerd. Dis nie maklik om te praat oor die agteruitgang van die beweging waarin hy met sy hele hart glo nie.

Hy is bang. Ek moet die battery van my selfoon uithaal toe ons ontmoet.

“Paranoia het op die hoogste vlakke ingesluip. Die omvang van die meeluistering is f****n waansinnig. Allecomradeshet nou twee of drie selfone,” sê hy gedemp, fronsend.

Ek weet nie of hy die waarheid praat nie. Ek het al die twee, drie selfone gesien wanneer ek bronne in kroeë, restaurante of parkeerterreine ontmoet. Daar is die amptelike nommer, die nie-amptelike van-die-rekord-nommer en die diep-van-die-rekord-nommer.

Ek spot dikwels dat as alle mense wat meen hulle word afgeluister werklik na geluister word, laat dit die ander helfte van die bevolking oor om die afluisterwerk te doen.

Dit maak nie saak of die paranoia op werklike bewyse of persepsie gegrond is nie. Persepsie is waarheid, en in die maande voor die regerende ANC se 53ste nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung het die paranoia ongekende vlakke bereik.

Die comrades is bang oor met wie hulle praat, waar hulle eet of saam met wie hulle in die openbaar opgemerk word.

“Probeer volgende keer in ’n ander motor kom. Parkeer aan die anderkant van die gebou. En moet my nooit op my amptelike telefoon bel nie,” sê die harde man.

Hy het pas aan my verduidelik waarom Zuma, ondanks sy gebreke, in Mangaung herkies moet word. “Hierdie enkeltermyn-strooi gaan onstabiliteit veroorsaak, nie net in die ANC nie, maar in die hele land. As ons begin om mense ná een termyn uit te skop, sit ons soos in die res van Afrika met ’n burgeroorlog op hande.”

Maggies, wat ’n rede om ’n party-president te herkies, dink ek: om ’n burgeroorlog te keer. Harde Man sê die ANC is deeglik bewus van Zuma se gebreke en sal in sy tweede termyn ’n “staalgordel” om hom plaas, wat beteken hy sal verhinder word om eensydig belangrike besluite te neem.

’n Ander comrade, ’n ANC-vrou wat die grootste deel van haar volwasse lewe aan die party gewy het, sê sy raai haar kinders aan om in die buiteland te gaan studeer en oorsee verblyfreg te kry.

“Kyk wat vang die man aan,” sê sy met minagting vir Zuma in haar stem. “Hy gee net vir homself en sy familie om. Dis piesangrepublieksnert, dié.”

Dit is ’n paar maande voor Mangaung en pres. Jacob Gedleyihlekisa ­Zuma is gewikkel in die politieke stryd van sy lewe om aan die bewind te bly.

Al het hy in 2008 vir die joernalis Moshoeshoe Monare gesê hy sal “verkies om ná een termyn te loop”, het Zuma dit later ontken en gesê hy sal nooit so iets sê nie omdat die ANC sal besluit of hy een termyn of twee as president sal dien.

Vyf jaar nadat hy Thabo Mbeki oortuigend by Polokwane verslaan het, is Zuma teen die planke en hy slaan die een vuur ná die ander dood oor sy hantering van die talle krisisse in sy administrasie. Die party van Oliver Tambo en Nelson Mandela is weer op soek na sy siel, wat volgens lojale comrades, én teenstanders van die ANC, korrup geraak het.

Something is rotten in the state of ­Zuma.

Terwyl ek dié boek geskryf het, het die ANC in die Noord-Kaap ’n provinsiale uitvoerende komitee gekies.

Vier van die vyf lede wat die party die volgende vyf jaar in dié provinsie moet lei, is by korrupsie- of bedrogskandale betrek.

Die storie het nie die hoofopskrifte gehaal nie, net so was daar nie massa-opstande of nasionale woede omdat vier aangeklaagdes verkies is om die regerende party te lei in een van die armste provinsies waar hy regeer nie.

Ongeveer in dieselfde tydperk was my koerant, City Press, in die middel van ’n “volmaakte storm” ná die publikasie van ’n kunswerk deur Brett Murray met die titel The Spear.

Die skildery, ’n parodie op ’n beroemde plakkaat van Lenin, het Zuma uitgebeeld met sy geslagsdele wat uithang.

Die ANC en Zuma het ons hof toe gevat, massa-betogings gereël teen die Goodman-galery, waar die skildery uitgestal is, en sy lede gevra om City Press te boikot – die eerste so ’n oproep sedert die ANC in 1994 aan die bewind gekom het.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en Zuma se getrouste bondgenoot, het ’n beroep gedoen dat die skildery vernietig word.

Wanneer ek voel ek word verswelg deur verwarring oor die toedrag van sake in Suid-Afrika, onthou ek die harde man se woorde oor Zuma: “Hy sal enigiets doen om aan die bewind te bly.”

Ondanks al die skandale wat Zuma se ampstermyn versuur, voorspel die ontleders, teen alle verwagtinge in, dat hy ’n tweede termyn sal verseker.

Miskien het dit iets te doen met die ANC-kultuur waar hulle nie in die openbaar teen die mag in praat nie, tesame met die party se byna bedekte styl om hul veldtogte agter die skerms te voer.

Of miskien kom dit neer op een kwessie, die enigste kwessie waaroor Zuma se vyande en vriende saamstem: dat hy ’n meesterlike strateeg is.

Ek word dikwels daaraan herinner dat Zuma van die middel-1980’s af die ANC-intelligensie bestuur het.

“Hy weet alles van die party. Hy ken almal se smerigheid. Baie mense kan nie bekostig dat Zuma begin praat nie,” sê ’n ander ANC-veteraan vir my.

Dit het ’n gewilde refrein geword in die tyd toe Zuma, wat ook liefderyk “Msholozi” (na sy stamnaam) genoem word, korrupsie-aanklagte wat verband hou met die R70 miljard-wapentransaksie moes trotseer.

Zuma se stratege met hul netjiese snyerspakke, asook sy voetsoolvlak-ondersteuners was dit eens: As dié man begin uitpraat, kan hy die party tot ’n val bring.

Zuma, wat buite die hof vir sy ondersteuners gesê het hy sal “eendag” die identiteit van sy vervolgers bekend maak, het self dié gissinge gestook.

Natuurlik kan Zuma se mag oor – en greep op – die ANC nie slegs verklaar word aan die hand van sy kennis van waar, metafories gesproke, die lyke begrawe is nie.

In sy hoedanigheid as president het Zuma ’n aantal veelseggende aanstellings in uiters belangrike kabinetsposte gedoen, veral in die strafregsektor.

In die meeste gevalle was diegene wat aangestel is Zuma-lojaliste. ’n Beduidende aantal, nes Zuma, het ’n veelbewoë verlede. Ek het mettertyd besef Zuma omring hom met mense wat afhanklik was van sy goedgunstigheid om magsposisies te behou en die vrugte van die regerende elite te geniet.

Hulle het ook daarop staatgemaak dat hy hom blind sou hou vir die beskuldigings, bewerings, aanklagte en beslissings teen hulle. Dié mense was logieserwys nie altyd die beste kandidate vir die pos nie.

Zuma se aanstelling van mense in voorste staatsinstellings soos die polisie, die vervolgingsgesag en intelligensiedienste het ook die onontkombare indruk gewek dat hy, per slot van rekening, besig was om homself te beskerm.

* Hierdie is ’n uittreksel uit Zuma Exposed deur Adriaan Basson en uitgegee deur Jonathan Ball Publishers. Die boek is landwyd in boekwinkels beskikbaar. Vyf lesers kan elk ’n eksemplaar ontvang. Stuur jou naam en kontakbesonderhede aan: Rapport Weekliks: Zuma Exposed. Posbus 8422, Johannesburg, 2000.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.