$ as kop-af!

2012-08-25 23:27

Die Suid-Afrikaanse rekordprys vir ’n residensiële eiendom in die Moederstad word gehou deur ’n dakwoonstel in die One & Only-hotel in Kaapstad wat vir meer as R115?miljoenverkoop is aan ’n Suid-Afrikaner.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die bedrag is so groot dat dit jou oë laat traan: R250 miljoen, oftewel $30 miljoen.

En hierby is die waarde van jou huis nie eens ingereken nie.

Dít is hoeveel jy werd moet wees om gereken te word as ’n superryke. In Suid-Afrika is daar ’n paar bekendes in dié klas: die Pepkor-baas Christo Wiese; die mynmagnaat Patrice Motsepe; Anglo American se Nicky Oppenheimer.

Hulle is egter maar net drie van 543 Suid-Afrikaners met bates van R250 miljoen of meer. Saam is dié groep ’n verstommende R600 miljard werd. Dis soveel soos die ekonomieë van Kenia en Ghana saam, of min of meer die Suid-Afrikaanse staat se belastinginkomste in die 2008-’09-belastingjaar.

Van ons superrykes is vier miljardêrs in dollar; 153 het bates van meer as R840 miljoen ($100 miljoen) en 386 is bloot “welgestelde” miljoenêrs wat minder as R840 miljoen werd is, maar meer as R250 miljoen.

Maar in wie se hande is dié fortuin?

’n Nuwe verslag deur die Britse maatskappy WealthInsight het die afgelope week bekend gemaak die getal swart Suid-Afrikaanse superrykes het die afgelope vyf jaar met 88% gegroei, van 40 tot 75. Tamaai swart-ekonomiese-bemagtigingstransaksies is volgens WealthInsight die hoofoorsaak van dié skerp groei in swart welvaart. Boonop sê ­Wealth­Insight 40% van die superrykes sal teen 2016 swart, bruin of Indiërs wees.

Dr. Inka Crosswaite, ’n sosioloog en kultuur-ontleder van die navorsingsmaatskappy Added Value, sê betreklik min is oor dié groep bekend, behalwe dat ons superrykes dikwels minder beskeie is oor hul geld as hul eweknieë in die krisis-voos Europa. Die resessie in die ontwikkelde wêreld het ’n fokusverskuiwing meegebring van mag, status en roem na gesondheid, familie en vryheid, sê sy.

“Selfs die luukse handelsmerke wat op hierdie groep gerig is, word nou meer beskeie bemark. Die weeldegoederewinkel Hermès vra jou deesdae of jy jou inkopies in ’n doodgewone bruin sak wil sit of in ’n sak met hul handelsmerk,” sê Crosswaite.

In Suid-Afrika spog die rykes egter nog graag.

“Dit is deel van ons kultuur. Jou status in die samelewing en jou waardigheid word weer­spieël in jou kleredrag en jou besittings. Mense skep ’n beeld van sukses en selfvertroue met uitspattige blieng en luukse goedere,” sê sy.

Suid-Afrika het reeds ’n stewige aptyt vir weelde-artikels, sê Andrew Tymms van die konsultasiemaatskappy Bain & Company. Ons drink reeds twee keer soveel sjampanje per capita as Brasiliane, sê hy.

Louis Vuitton, Gucci, Ralph Lauren, Burberry en Cartier voorspel ’n sterk vraag na weeldegoedere onder die elite.

“Hulle kla net dat daar nie genoeg uitsoekwinkelruimte en -sentrums vir hul produkte is nie,” sê Tymms.

Motorverkope groei ook onder die superrykes. Volgens die Daytona-groep, wat luukse motors na Suid-Afrika invoer, is 600 Aston Martins van byna R4?miljoen elk die laaste ses jaar van die hand gesit en 30 van McLaren se nuwe MP4-12C-super­motors teen R3,3 miljoen elk.

’n Volle 80% van kopers van Rolls Royce-motors by Daytona is deesdae swart.

Paul Finlayson van die welvaartmaatskappy Citadel sê egter die indruk dat die nuwe klas superrykes geld nie gewoond is nie en dit dan in swak smaak vertoon, is verkeerd.

“Daar is bitter min van hulle wat oornag superryk geword het. Dit verg tyd en harde werk om soveel rykdom te versamel,” sê hy.

“Hulle word gemotiveer deur verskillende omstandighede en passies, maar hulle het uitmuntende sakevernuf en ’n onfeilbare vasberadenheid vir sukses,” sê hy.

Hulle is uitvoerende hoofde van maatskappye, entrepreneurs en sakelui. Hulle handel allermins soos dié wat die Lotto gewen het. Trouens, hulle het volgens Finlayson eerder ’n aptyt vir nuwe beleggingsgeleenthede.

“Hulle het toegang tot kapitaal en hulle is slaggereed om in te spring wanneer geleenthede hulle voordoen,” sê hy.

“Hul geldelike posisie stel hulle in staat om in gehalte soos goeie kuns te belê en bates aan te koop wat hul lewenstyl ver­beter,” sê hy.
Een van die sigbaarste tekens van die superrykes se welvaart is die huise en paleise waarin hulle van die Kaap tot in Johannesburg woon, sê dr. Andrew Golding, die eienaar van Pam Golding-eiendomme. Hulle jag historiese eiendomme, private strande en uitsigte oor die stadsliggies. Hulle is ook nie skaam om te betaal nie.

Pryse van “trofee-kopies” aan die toppunt van die mark raak-raak soms aan R150 miljoen, sê Golding.

Teen dié prys kan jy darem wynkelders, spogtuine, ’n gimnasium, sauna, borrelbaddens, staanplek vir die Rolls en ruim vermaakruimtes verwag. Daar is ook landingsplekke vir helikopters.

In voorstede soos Sandhurst in Johannesburg wissel huispryse van R15 miljoen tot R45 miljoen, sê George Papadopoulos van Seeff-eiendomme.

Kopers spog graag. “Hulle verkies huise wat verkieslik só gebou word dat dit van die straat af gesien kan word. Die afwerkings is van porselein, marmer en goud.”

Jacques van der Watt, eienaar van die modehuis Black Coffee, sê die superrykes se eksklusiewe smaak word ook aan hul klere gesien.

“Die meeste van hul klere is luukse Europese handelsmerke wat onbekostigbaar duur is vir gewone mense, of anders word dit plaaslik eksklusief vir hulle ontwerp,” sê hy.

Dit wil egter lyk of Suid-Afrika se rykstes nie net aan hulself geld bestee nie.

In ’n meningsopname deur Barc­lays Wealth is bevind een uit elke drie Suid-Afrikaanse super-rykes glo darem dit is belangrik om geld te gee vir liefdadigheid. Slegs Amerikaners (41%) het ’n groter gier om te gee.

***

Die belastinggaarder bekyk sowat 9?300 skatryk Suid-Afrikaners weens onbetaalde belasting van altesame R50 miljard.

Een van hulle is die magnaat Christo Wiese. Rapport het onlangs berig hy skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering sowat R2 miljard.

Die rykdom van die 9 300 individue in die belastinggaarder se visier oorskry elkeen R75 miljoen en hulle het elk verlede jaar meer as R7 miljoen verdien.

Sowat 7 000 van hulle is nie eens vir belasting geregistreer nie en ander betaal nie alles wat die staat toekom nie, sê Adrian Lackay, SAID-woordvoerder.

Hy sê baie rykes verklaar ’n onbeduidende belasbare inkomste, in skerp kontras met hul ooglopende rykdom.

“Ons is tans in gesprek met sommige van hulle. Deel van ons ondersoek is hoe hulle moontlik trusts misbruik om belasting te ontduik,” sê hy.

Volgens Lackay het die SAID die laaste paar jaar verskeie wetlike belasting-skuiwergate toegestop om ontduiking te bemoeilik.

Meer as 50 ooreenkomste is boonop met sogenaamde lae-belastingjurisdiksies soos Mauritius, die Seychelle en Ciprus gesluit.

Inligting word ook uitge-ruil met belastingtoevlugsoorde soos Guernsey en Jersey in die Engelse kanaal, die Karibiese Eilande, die Kaaimanseilande en die Bahamas.

Baie super-rykes gebruik dié plekke vir beleggings om hul belastingplig in Suid-Afrika te ontduik, sê Lackay.

***

Die rykstes van die rykes

1. Patrice Motsepe: R23 miljard – African Rainbow Minerals

2. Lakshmi Mittal (Indiese burger): R20,9 miljard – ArcelorMittalSA

3. Nicky Oppenheimer: R11,1 miljard – Anglo American

4. Christo Wiese: R10,73miljard – Shoprite Holdings

5. Laurie Dippenaar: R5,2 miljard – RMB Holdings

6. Rupert-familie: R5,14 miljard – Rembrandt-trust

7. Ackerman-familie: ­R4,98 miljard – Pick n Pay Holdings

8. Stephen Saad: R4,27 miljard – Aspen Pharmacare

9. Bruno Steinhoff: R4,17 miljard – Steinhoff International

10. GT Ferreira: R2,52 miljard – RMB Holdings

Bron: The Sunday Times Rich List, September 2011

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Sunny. Mild. Pta: 2-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-23°C Sunny. Mild. PE: 8-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!