'n Legende gekniehalter deur onderprestasie

2012-02-18 13:54

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die mantel van die wêreld se voorste popsangeres het Sondagaand op die stewige skouers van Adele Adkins geval, enkele ure nadat haar voorganger, Whitney Houston, se lewe tragies geëindig het.

Diegene wat bevoorreg was om die Grammy-aand by te woon, moes diep onder die indruk gewees het van die simboliese betekenis van die naweek se gebeure.

Dit klink miskien harteloos, maar ek is bly Whitney Houston is die verleentheid gespaar. Dink mooi daaroor. So onlangs as 2009 het sy nog die Guinness Book of Records gehaal as die mees bekroonde sangeres van alle tye. Dié eer het sy behaal onder meer omdat sy die enigste sanger is wat nog ooit sewe liedjies agtereenvolgend bo-aan die Billboard-treffersparade gehad het.

Daarbenewens het sy twee Emmy-toekennings ontvang, ses Grammy-toekennings, 30 Bill-board Music-pryse en 22 American Music-pryse.

Sy het meer as 170 miljoen CD’s in haar loopbaan verkoop, ondanks die feit dat haar oeuvre slegs ses albums met oorspronklike musiek bevat het, naas vyf kompilasie-albums en twee klankbaan-uitreikings. Laasgenoemde, The Bodyguard en Waiting to Exhale, het vir meer as ’n derde van daardie 170 miljoen verkope gesorg.

Haar naam is vroeg in haar loopbaan romanties gekoppel aan die van ’n gewilde sportheld, Randall Cunningham, en die rolprentster Eddie Murphy. Niemand was verbaas nie. Nie alleen het sy ’n ster in eie reg geword tussen 1985 en 1987 danksy haar eerste twee albums nie, maar ook was dit asof die eertydse model net by die dag aan natuurlike skoonheid wen.

Haar politieke beeld was onbesproke. Sy het in haar jong dae al sterk standpunt ingeneem oor byvoorbeeld apartheid, en is heel tereg gevra om in 1994 by ’n staatsbanket in Washington, waar oudpres. Nelson Mandela die eregas was, die gaste toe te sing.

Vir diegene wat haar loopbaan gevolg het, het dinge begin ontrafel toe sy in 1989 vir Bobby Brown ontmoet het en drie jaar later met hom getroud is. Saam het hulle ’n kind verwek. En saam het hulle hul oorgegee aan ’n dekadente lewe van dwelms en drank. Eers was dit nie welbekend nie, maar met die soort dwelms waarmee Brown en Houston deurmekaar was (veral crack-kokaïen) was dit geen verrassing dat hy tronk toe is nie. Die egpaar is eers in 2007 geskei.

Reeds in 1987 het ek geskryf Whitney Houston is op pad om die grootste Amerikaanse sangeres naas die legendariese Ella Fitzgerald te word. Ek het gedink dat haar genetiese omgewing sou verseker dat sy so teen die eeuwisseling eers werklik op dreef kom en dat daar nie ’n siel op hierdie planeet sou wees wat haar nie ken nie. Haar ma was immers die soulsangeres Cissy Houston, en haar niggies Dionne en Dee Dee Warwick. Haar peetma was Aretha Franklin. Wat kon verkeerd gaan?

Die aaklige waarheid is dat, alhoewel sy oënskynlik beeldskoon gebly het, die hoogtepunte in haar lewe al hoe minder geword het. Whitney Houston het een van popmusiek se grootste onderpresteerders geword.

Dié gevolgtrekking het Sondag met die Grammys diep by mens ingesink. Die Britse sangeres Adele, wat nog net twee albums uitgereik het, het op een aand soveel Grammys gewen as wat Houston in haar hele loopbaan van sowat 25 jaar kon wen. Adele se totaal ná twee albums en ’n loopbaan van drie jaar is agt. Dit is twee meer as wat Houston tot haar dood kon wen.

Waarheen is Adele op pad? Die mollige contralto, wat die ontwerper Karl Lagerfeld op sy plek gesit deur te verklaar dat sy gelukkig is met haar ronde voorkoms en nie soos “skinny mini” wil lyk nie, het aan die Amerikaanse Vogue gesê dat sy nou ’n paar jaar gaan rustig wees sodat sy ’n liefdeslewe aan die gang kan kry.

Haar konsert-skedule het tot dusver net ’n string mislukte romanses tot gevolg gehad. Sy sê sy wil ook die tyd van verposing gebruik om ’n album met gelukkige liedjies te skryf en op te neem. Hopelik sal dié album 25 as titel hê, en nie 29 nie! (Haar vorige albums is getitel volgens haar lewensjaar toe dit opgeneem is, 19 en 21.)

’n Mens kan maar net jou asem ophou. Hopelik stap daar nie ook ’n Bobby Brown in Adele se lewe in nie.

Kerneels Breytenbach is ’n skrywer en veteraan-musiekresensent.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.