Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

9/11-werkers kan skik oor siektes

2010-03-13 23:19

Ná ’n jare lange stryd het reddingswerkers wat ná die 9/11-terreuraanvalle op die Ground Zero-terrein gewerk het Vrydag verneem hulle kan tot $657,5 miljoen (byna R9 miljard) van die stad New York en konstruksiemaatskappye kry.

Talle werkers wat meen hulle is nou nog siek weens die stof wat hulle op Ground Zero ingeasem het, moes lank baklei voordat die New Yorkse munisipaliteit en maatskappye dié aanbod gemaak het.

Die meeste van die geld sal deur die Amerikaanse federale noodbestuuragentskap opgedok word.

Volgens mnr. Michael Bloomberg, burgemeester van New York, is die ooreenkoms ’n “regverdige en redelike oplossing vir ’n komplekse stel omstandighede”.

Diegene wat meen hulle is op vergoeding geregtig, moet bewys hulle was op die toneel van die World Trade Center kort nadat dit in duie gestort het. Hulle moet ook mediese verslae verskaf om te bewys dié werk is die oorsaak van hul huidige probleme.

Indien dié ooreenkoms nou deur die mat sou val, sal die hofsake oor twee maande in alle erns begin.

Van die werkers sluit in brandweerbeamptes, polisielede en konstruksiewerkers. Talle beweer hulle is nooit van die nodige beskerming voorsien voordat hulle op die toneel gaan werk het nie. Die probleme waarmee hulle nou sit, sluit in asemhalingsprobleme soos asma en kanker.

Tipies van die werkers se stories is dié van mnr. James Nolan, ’n 45-jarige skrynwerker van die buurt Yonkers wat gehelp het om lyke uit die bourommel te verwyder en stellasies te bou waarvan brandslange gespuit kon word.

Deesdae het hy long- en beenprobleme waarvoor hy ses soorte medikasie gebruik. Hy het die stad ses jaar gelede gedagvaar en hou vol die owerhede het geweet die lug is erg besoedel.

Nou is hy bly die geveg staan einde se kant toe.

“Ons moes jare lank vir ons verdienste veg. Nou kan ek effens gerus voel en sal my vrou en kinders iets kry indien ek sterf.”

Sommige werkers gaan net ’n paar duisend dollar uit die skikking kry, maar ander kan meer as $1 miljoen (sowat R7,4 miljoen) verwag.

Die regsfirma Worby, Groner, Edelman & Napoli, Bern wat 9?000 van die klaers verteenwoordig, kan tot ’n derde van die uitbetaling as fooi kry.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...