Aardbewing is die ergste sedert 1931

2010-09-04 23:13

Baie van die ou geboue in Christchurch se sakekern is beskadig. Dit is afgesper om moontlike plundery te keer.| Foto: reuters/ carys monteath/the press

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Groot aardbewing, wat 7,1 op die Richterskaal gemeet het, het Darfield in Nieu-Seeland eergisteraand getref. Dit is 30km wes van Christchurch, dié land se naasgrootste stad, geleë.Talle mense is ernstig beseer, maar niemand is dood nie in die aardbewing wat in ’n radius van 33 km in Canterbury verwoesting gesaai het.

Christchurch is bekend onder Suid-Afrikaners omdat die Springbokke en die Wallabies daar kragte meet in die Drienasies-rugbyreeks.

Die plaaslike televisiekanaal, TVNZ , het gister die verloop van die gebeure en die gevolglike ­chaos en paniek uitgestippel sedert die aardbewing Canterbury om 04:35 Nieu-Seelandse tyd (sowat 18:30 Vrydagaand Suid-Afrikaanse tyd) getref het:

07:55: Nog ’n groot naskok, wat 5,2 op die Richterskaal meet, volg. Bykans ’n dosyn naskokke het nou getref.

08:03: Bob Parker, burgemeester van Christchurch, versoek inwoners om vas te stel of bure, veral bejaardes, buite gevaar is.

08:38 : ’n Man word ernstig beseer toe ’n skoorsteen op hom val. Hy is in die waakeenheid in die hospitaal.

09:08: Die polisie waarsku mense om uit Christchurch se sakekern te bly.

09:54: Berigte lui dat die aardbewing selfs in Invercargill, 500 km suid van Christchurch, gevoel is.

09:55: Mense word versoek om net noodoproepe op selfone te maak. Baie gebiede is sonder water en elektrisiteit.

10:06: ’n Noodtoestand word afgekondig.

10:10: ’n Inwoner in Kaiapoi, noord van Christchurch, vertel aan ONE News: “Dit het so lank aangehou; ek het nog nooit ’n aardbewing soos dié een gevoel nie.”

10:25: Die weerburo waarsku mense teen swaar weerstoestande met baie reën en baie koue temperature.
10:26: ’n Groot brandstoftekort word in Christchurch ervaar.

10:28: Stakende radioloë skort hul staking op en begin weer werk.

10:31: John Carter, minister van burgerlike weermag, sê net twee mense is tot dusver ernstig beseer. Een is deur vallende glasstukke gesny.

10:58: Christchurch se sakekern is nou afgesper en inwoners word nie daar toegelaat nie om plundery te voorkom.

11:26: Parker sê skade aan die grond onder die stad kan erg wees en mense word aangeraai om water te bespaar en nie toilette te spoel nie.

11:33: Verskeie strate is nog gesluit, asook die Christchurch-lughawe en -spoorweë.

11:49: Reddingswerkers van Auck­land is onderweg na Christchurch om te help om na mense te soek.

11:52: Die eerste minister, John Key, kom in Christchurch aan. Hy sê dit gaan ’n geruime tyd duur om die skade te bepaal.

12:29: Carter sê mense gaan vanuit Christchurch se sakekern ontruim word.

13:30: Die lughawe is weer oop, maar baie vlugte is vertraag.

13:55: Dit kan tot twee dae duur voordat elektrisiteitsvoorsiening herstel is.

14:15: Dit was die grootste aardbewing sedert 1931. Sterk naskokke word steeds gevoel. Die laaste een was om 12:18, wat 4,0 op die Richterskaal gemeet het.

14:36: Die Universiteit van Canterbury, asook die Lincoln-kraamhospitaal en die Burwood-kraameenheid, word gesluit.

14:42: Skade kan tot $1 miljard beloop.

17:00: Watervoorsiening bly ’n ernstige probleem vir die aand wat voorlê.

17:15: Die grootste naskok nóg, wat 5,4 op die Richterskaal meet, tref 10 km wes van Darfield.

17:20: ’n Aandklokreëling van 19:00 tot 07:00 word ingestel. Een persoon, ’n taxibestuurder, is nog in ’n ernstige toestand in die Christchurch-hospitaal.

21:00: Nog groot naskokke word deur die streek gevoel.

Bron: www.tvnz.co.nz

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.