Aborsie: Romney keer vir 'n vale

2012-10-25 10:42

Goew. Mitt Romney, die Republikeinse Party se kandidaat in die Amerikaanse presidentsverkiesing, moes gister vinnig wal gooi om te keer dat een van sy eie partygenote sy verkiesingskanse kwaai benadeel.

Die partygenoot is sen. Richard Mourdock, wat in ’n heftige tweegeveg om een van die deelstaat Indiana se senaatsetels betrokke is met die Demokratiese Party se Joe Donnelly.

Mourdock was in ’n televisiedebat met Donnelly betrokke toe hy gevra is wat sy houding is oor aborsie in die geval van verkragting. Mourdock se antwoord was dat hy meen lewe begin by bevrugting.

Lewe is ’n gawe van God, het hy gesê. “En selfs wanneer die lewe in daardie verskriklike situasie van verkragting begin, is dit iets wat God beplan het wat sou gebeur.”

Demokrate het onmiddellik met ’n groot geraas op dié stelling toegesak.

Debbie Wasserman Schultz, voorsitter van die Demokratiese Nasionale Komitee, het gesê Mourdock se standpunt “is ’n intrinsieke deel van die moderne Republikeinse Party se beleid insake vrouegesondheid”.

Sy het ’n beroep op Romney gedoen om die televisie-advertensie waarin hy kiesers vra om vir Mourdock te stem onmiddellik te onttrek.

Die Romney-kamp moes skarrel om die skade te beperk.

Andrea Saul, Romney se woordvoerder, het in ’n verklaring gesê Romney is dit nie eens met Richard Mourdock se standpunt nie en dit weerspieël nie sy siening nie.

Die rusie is belangrik teen die agtergrond van die stryd tussen Romney en pres. Barack Obama om die vrouestem. Romney loop agter onder vrouekiesers.

Hy het Obama die laaste weke begin inhaal en dis duidelik hy vrees Mourdock se uitlating kan hom terugdruk.

Mourdock se standpunt volg op ’n vroeëre een van Todd Akin, ’n ander Republikein wat in Missouri vir die senaat staan.

Akin het sowat twee maande gelede gesê verkragte vroue kan nie swanger word nie, want hul liggame het meganismes om dit te voorkom.

Intussen loop Romney en Obama steeds kop aan kop. Die meeste peilings wys Obama is ’n haarbreedte voor, maar dit is statisties onbeduidend.

Albei spits hulle nou toe op die sogenaamde “swing states”, soos Florida, Ohio, Wisconsin, Pennsilvanië, Iowa en Virginië.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.