Assange kan hom nie roer

2012-08-18 23:15

Dié foto van Julian Assange, die stigter van WikiLeaks, is deur ondersteuners oorkant die Ecuadoriaanse ambassade in Londen opgesit. | Foto: Lefteris Pitarakis/AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wie gaan die lankste asem hê?

Brittanje en Swede, of Julian ­Assange en Ecuador?

Dit is die vraag wat mense stel nadat Ecuador die afgelope week politieke asiel aan Assange, die stigter van Wiki­Leaks, verleen het.

Hy het sowat twee maande gelede by die Ecuadoriaanse ambassade in Londen om asiel gevra om sy uitlewering aan Swede te voorkom.

Assange word deur die Sweedse polisie weens twee klagte van verkragting gesoek. Hy voer aan die klagte is net ’n rookskerm en dat hy vervolgens aan Amerika uitgelewer sal word om weens die publikasie van tienduisende vertroulike Amerikaanse diplomatieke boodskappe gestraf te word.

Toe Ricardo Patiño, die Ecuadoriaanse minister van buitelandse sake, Donderdag aangekondig het asiel word verleen, het hy gesê dis waarskynlik dat Assange in ’n militêre hof in Amerika verhoor kan word, dat hy geen regverdige verhoor sal kry nie en dat hy wreed gestraf sal word – wat die doodstraf kan insluit.

Die Sweedse en Amerikaanse regering het dit ontken. Swede sê Amerika het geen versoek om uitlewering gerig nie en Amerika ontken dat hy sulke planne het.

Brittanje het aanvanklik gedreig om die ambassade met geweld binne te dring, maar het later teruggedeins.

William Hague, die Britse minister van buitelandse sake, het wel te kenne gegee sy land sal Assange nie toelaat om na Ecuador te reis nie.

Hy sal in hegtenis geneem word die oomblik wat hy sy voete buite die ambassade sit. Dit beteken hy sal onbepaald ’n gevangene in die ambassade wees. ’n Vriend sê hy bly in ’n ongemaklike kamertjie met ’n matras, oefenfiets en rekenaar met internettoegang.

Ironies genoeg is Assange, die groot voorstander van openheid en ’n vrye internet, nou onder die beskerming van ’n regering wat planne het om Ecuadoriane se toegang tot die internet te beperk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.