Beethoven kla, kla, kla in ou brief

2012-01-14 23:30

Ludwig van Beethoven

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Handgeskrewe brief deur die komponis Ludwig van Beethoven, wat by die Brahms-instituut in die stad Lübeck ontdek is, het liefhebbers van sy werk gaande.

In die brief kla die Duitse komponis oor sy gesondheid en finansies.

Volgens die instituut bevat die brief van ses bladsye die komponis se handtekening en die oorspronklike seël. Die brief was glo ’n poging om sy Missa solemnis te verkoop wat hy in 1823 voltooi het.

Beethoven vra in die brief die harpspeler en komponis Franz Anton Stockhausen om kopers vir dié stuk te help soek.

Volgens mnr. Stefan Weymar, musieknavorser aan die instituut, is die uittreksels wat die meeste trefkrag het die besonderhede oor sy persoonlike lewe, soos sy finansiële situasie en sy pogings om ’n tandarts op te soek.

Die brief se bladsye het al vergeel weens ouderdom en dit word met handskoene hanteer.

Beethoven, wat 53 jaar oud was toe hy die brief geskryf het, sê voorts die onderrig van sy nefie is baie duur en die seun sal finansiële steun ná die komponis se afsterwe nodig hê.

Die brief lyk slordig en is vol woorde wat uitgekrap of gekorrigeer is.

Weymar sê: “Hy het spontaan geskryf, soos hy gedink het. Soos sy gedagtes verander, het hy woorde verander.”

Die waarde van die brief word op meer as 100 000 euro's (R1,031 miljoen) gereken.

’n Inkopielys in Beethoven se handskrif met net ses woorde daarop is verlede jaar vir 60 000 euro's (R618 000) opgeveil.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.