Belangrik dat myners kophou tot Kersfees

2010-08-28 23:53

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Copiapó (Chili). – ’n Gesonde geestestoestand is nou die grootste uitdaging vir die 33 vasgekeerdes in die Esteban-myn in die noorde van Chili.

Dokters en sielkundiges beraadslaag oor maniere waarop die mynwerkers se gemoedstoestand verbeter kan word terwyl hulle waarskynlik tot Kersfees 700m onder die grond vassit.

Vyf van die 16 passasiers wat in 1973 ’n vliegtuigongeluk in die Andesgebergte oorleef het deur van die lyke van ander passasiers te eet is ook op pad van Uruguay om te gaan raad gee.

Die mynwerkers is op 5 Augustus ná ’n grondstorting vasgekeer. Aanvanklik is gemeen dat almal dood is, maar 17 dae later is bevind dat hulle oorleef het.

Vandeesweek is ’n massiewe masjien met diamantpuntbore wat tonnels van 65cm wyd deur rots kan boor na die myn gestuur om met die reddingspoging te help. Die boor se topdrilspoed is egter net 20m per dag.

Die opgrawing het gister eers begin, met drie gate wat geboor is om voorraad en ventilasie aan die vasgekeerdes te voorsien en om met hulle te kommunikeer.

Reddingswerkers het die afgelope week begin om ontwateringstablette, glukose en suurstof by die vasgekeerdes te kry.

Maar hul beproewing is nog lank nie verby nie.

Vroeër die week is kameras afgestuur waarmee die myners elkeen ’n beurt gekry het om met hul families te kommunikeer. Almal het vertel hoe honger hulle is, maar bygevoeg dat hulle gesond is en tandeborsels nodig het.

Die beskutting waarin hulle is, is so groot soos die gemiddelde sitkamer en die mans kan darem rondloop. Die temperatuur wissel tussen 32°C en 34°C.

Kos sal eers binne die volgende paar dae afgestuur kan word, sodra die mans se spysverteringstelsels weer normaal is.

Die myners het tot nou elk op twee teelepels tuna, ’n slukkie melk en ’n koekie elke 48 uur oorleef.

Intussen is die eerste klag reeds teen mnr. Alejandro Bohn, die myndirekteur, ingedien.

Die myners se families het die mynbase vandeesweek gedagvaar op aanklagte dat hul familielede se lewens in gevaar gestel is weens hul werk in myne wat berug is om rotsstortings.

Kort ná die grondstorting het pres. Sebastian Piner van Chili twee direkteure van Sernageomin en sy land se mynveiligheidsreguleerder afgedank ná ’n verslag dat die myn heropen is sonder dat die veiligheidmatreëls verbeter is.

Die maatskappy het die bewerings ontken en gesê die dagvaardings gaan hulle bankrot maak. SAPA-AFP

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.