Billy Bob se fliek oor Jolie

2012-02-18 20:27

Jolie en Thornton in gelukkiger dae.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gewoonlik is bekendes bekommerd oor ’n boek waarin hul eks alles uitlap oor ’n mislukte verhouding, maar in Angelina Jolie se geval moet sy eerder bekommerd wees oor ’n fliek.

Haar tweede eksman, die akteur Billy Bob Thornton, beplan blykbaar ’n fliek wat sy huwelik met dié gewilde Hollywood-superster as grondslag het.

Alexander Rodnyansky is die vervaardiger van Thornton se nuwe fliek, And Then We Drove.

’n Bron na aan Rodnyansky het aan die bedryfstydskrif Variety bevestig dat Thornton se romanse met Jolie die grondslag van dié rolprent vorm.

“Die fliek is op baie terreine op sy (Thornton se) persoonlike ervaring geskoei,” het Rodnyansky verklaar.

Verfilming begin na verwagting later vanjaar.

Volgens Thornton handel die fliek oor ’n man op toer wat langs die pad ’n meisie oplaai en oor alles wat daarna met hulle gebeur.

“Dit gaan oor die groot vraag in die lewe, naamlik: Waar pas ek in?” het Thornton gesê.

Thornton (56), wat al vyf keer getroud was, is in 2000 in Las Vegas met Jolie (nou 36) getroud nadat hulle die vorige jaar saam in die fliek Pushing Tin verskyn het.

Hulle is in Junie 2002 uitmekaar en in 2003 amptelik geskei.

Die egpaar was bekend vir hul vryery in die openbaar. Hulle het selfs elkeen ’n glasbuisie met die ander een se bloed daarin aan hul nek gedra.

Jolie het sedertdien liefde gevind by die Hollywood-hartebreker Brad Pitt.

Hul verhouding het in 2005 groot opslae gemaak toe sy daarvan beskuldig is dat sy die rede is hoekom Pitt en Jennifer Aniston geskei is. Jolie en Pitt het saamgewerk aan die fliek Mr. & Mrs. Smith .

Die paartjie het stilgebly oor hul verhouding totdat Jolie in Januarie 2006 aangekondig het sy is swanger met Pitt se kind.

Hulle het drie aangenome kinders – Maddox, Pax en Zahara – en drie biologiese kinders – Shiloh, Knox en Vivienne.

Jolie was voorheen ook met die Britse akteur Jonny Lee Miller getroud. Hulle is in Maart 1996 getroud en in Februarie 1999 geskei.

Bron: www.entertainmentwise.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.