Bloedspoor van die Batman-skieter

2012-07-23 05:52

Wyle Heath Ledger as The Joker in ‘n vorige Batman-rolprent. James Eagan Holmes het na homself as The Joker verwys.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die jong man wat die naweek 12 mense gedurende ’n Batman-fliek in Amerika afgemaai het, het al die wapens wettig bekom en die patrone op die internet gekoop.

Nog 58 mense is gewond toe ­James Eagan Holmes (24) losgebrand het by ’n middernag-vertoning van die nuwe Batman-fliek, The Dark Knight Rises, in Aurora aan die buitewyke van Denver in Colorado.

Volgens Raymond Kelly, ’n se­nior polisiebeampte, was Holmes se hare rooi gekleur en het hy na homself verwys as “The Joker”, ’n bose karakter in die Batman-verhale.

Teen gister was 30 mense nog in die hospitaal, van wie 11 in ’n kritieke toestand.

Dan Oates, Aurora se polisiehoof, het gesê Holmes het in die laaste paar weke 6 000 patrone aanlyn gekoop en vier vuurwapens by plaaslike handelaars aangeskaf deur bloot ’n paar vorms in te vul en vir die arsenaal te betaal.

Die daaropvolgende bloedbad is die ergste skietvoorval in Amerika sedert die aanval op Fort Hood, Texas, in November 2009 toe ’n weermagsielkundige 13 mense doodgeskiet en meer as 24 gewond het.

Dit het opnuut die soeklig op die kultuur van wapeneienaarskap in Amerika laat val.

Pres. Barack Obama, wat die skietery “sinloos” genoem het, was vroeër in sy politieke loopbaan ’n voorstander van strenger wapenbeheer, maar het dié onderwerp nog glad nie in sy ampstermyn aangeraak nie.

Aan die vooraand van die Amerikaanse presidentsverkiesing, wat in November gehou word, is Obama én sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, bang om die magtige wapendrukgroepe die harnas in te jaag.

Kristin Goss, skrywer van die boek Disarmed: The Missing Movement for Gun Control in America, sê ernstige besprekings oor wapenbeheer is daarom onwaarskynlik vanjaar.

Die invloedryke National Rifle Association (NRA), wat sterk gekant is teen streng wapenbeheer, het in 2010 meer as $253 miljoen (sowat R2 miljard) in skenkings gekry van individue, wapenvervaardigers en wapenhandelaars en word gesien as ’n “gerekende krag” in die Amerikaanse politiek.

Deelstate soos Ohio, Pennsilvanië, Wisconsin, Virginië, Iowa en Noord-Carolina, wat vir Obama baie belangrik is in die verkiesing, het ’n magdom geesdriftige wapeneienaars.

Michael Bloomberg, New York se invloedryke burgemeester, het Obama en Romney nou uitgedaag.

“Dalk is dit tyd dat die twee mense wat president wil wees opstaan en ons vertel wat hulle gaan doen, want dit is kennelik ’n probleem oor die land heen. En almal sê altyd: ‘Is dit nie tragies nie?’”

Holmes was Vrydagnag gewapen met drie van sy vuurwapens en twee rookbomme toe hy die teater in ’n winkelsentrum waar The Dark Knight Rises vertoon is, binnegegaan het.

Hy het beskermende klere, ’n kopskerm en gasmasker gedra.

Die skietery gedurende ’n aksietoneel in die fliek het chaos laat losbars. Bebloede slagoffers het om hulp geskree en fliekgangers het na die uitgange gehardloop, het Jennifer Seeger, wat in die teater was, agterna gesê.

“Van die mense het selfs op die bloed gegly wat op die vloer was.”

Holmes is kort daarna in die parkeerterrein van die winkelsentrum in hegtenis geneem.

Die polisie wou nie uitwei oor wat hulle dink sy motief was nie.

By die polisie se aankoms by Holmes se blyplek het hulle talle plofstrikke aangetref. Vyf omliggende geboue is as voorsorgmaatreël ontruim en snuffelhonde is gebruik om geboue te fynkam op die kampus van die Universiteit van Colorado waar Holmes gewerk het.

Buiten ’n onbetaalde spoedboete, het Holmes geen misdaadgeskiedenis nie.

Sy familie het ’n verklaring uitgereik waarin hulle simpatiseer met die families van die oorledenes en waarin hulle ook vra vir privaatheid “om alles te verwerk”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.