Blog oor dwelmoorlog lok 3 milj. per week

2010-09-04 23:13

Die vermeende dwelmbaas Edgar "La Barbie" Valdez Villarreal, leier van die Beltran Leyva-kartel, wat die afgelope week deur die Mexi­kaan­se polisie vasgetrek is.| Foto: reuters/eliana aponte

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Omstrede blog met grafiese foto’s en video’s van moorde, onthoofdings en nadoodse ondersoeke wat met die dwelmoorlog in Mexiko verband hou, maak wêreldwyd opslae.

Die ses maande oue blog Blog Del Narco is so gewild dat dit spog met 3 miljoen lesers weekliks. Die skepper daarvan is ’n geheimsinnige student in rekenaarwetenskap, in sy 20’s en afkomstig uit die noorde van Mexiko.

Hy gebruik die veiligheid van die internet om hom teen dwelmsindikate te beskerm.

Oor hoekom hy die blog begin het, skryf die student in Mexikaanse Spaans: “Die media en die regering maak asof daar niks in Mexiko gebeur nie. Die media bly stil, want hulle word gedreig en die regering word waarskynlik omgekoop.”

Die Mexikaanse regering, met die hulp van Amerikaanse federale owerhede, veg verbete teen groot dwelmsindikate wat veral in die noorde van die land verwoesting saai. Sedert pres. Felipe Calderone in 2006 op groot skaal op dwelmsindikate begin toeslaan het, is meer as 28 000 mense dood, van wie talle onskuldige Mexikane is.

Die afgelope week kon Calderone weer breëbors rondloop toe Ed­gar “La Barbie” Valdez Vil­lar­real, ’n groot vermeende dwelmbaas en boorling van Texas in die VSA, vasgetrek is. Blog Del Narco het die arrestasie gevolg en lesers ook ’n kykie gegee na die asemrowende rykdom wat dwelmbase opbou.

Blog Del Narco is nie vir sensitiewe mense nie en het sedert sy ontstaan in Maart die “plek” geword waarna baie Mexikane gaan om te weet wat in die dwelmoorlog aangaan, watter gebiede om te vermy, wie die grootbase is en hoe om jouself te beveilig.

Die blog kry wel kritiek dat die dwelmsindikate, wat mekaar gereeld gruwelik aanval om verspreidingsroetes of gebiede te beheer, die blog gebruik om vir mekaar “boodskappe” te stuur.

Foto’s en video’s van aanvalle word anoniem na die blog gestuur. Die polisie kry ook inligting op die blog. Beeldmateriaal waar die polisie misdadigers flenters geskiet het, verskyn ook op die blog.

In ’n land waar korrupsie weens dwelmbedrywighede hoogty vier, het Blog Del Narco onlangs ook vier korrupte tronkbewaarders ontbloot.

Op ’n anonieme video verskyn gewapende sindikaatlede en ’n ontvoerde en vasgebinde polisieman. Die polisieman erken dat die tronkbewaarders lede van ’n ander dwelmsindikaat snags vrylaat om dié sindikaat aan te val. En dan kom die skok: Die polisieman word op die video doodgeskiet.

Die skepper maak dit op sy blog baie duidelik dat dit nie “vir of teen enige sindikaat is nie”.

Die blog het ook uitgebrei na Facebook en Twitter-blaaie wat oorval word.

Net eergister is aanhoudend getwiet soos die nuus versprei het dat 25 mense in ’n geveg tussen die weermag en dwelmsmokkelaars doodgeskiet is.

Bron: www.blogdelnarco.com 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.