Breivik eis om vrygelaat te word

2012-02-07 10:15

Oslo. - Anders Behring Breivik (32), die Noor wat in Julie verlede jaar 77 mense in twee aanvalle vermoor het, het Maandag ’n hof in dié stad gevra om hom onmiddellik vry te laat.

Dit het ’n gespot ontlok by oorlewendes van sy aanvalle, wat in die openbare galery van die hof gesit het.

Sy slagting was ’n “voorkomende aanval teen verraaiers van die staat wat skuldig is aan ’n soort etniese suiwering omdat hulle ’n multikulturele samelewing voorstaan,” het Breivik, wat geen berou getoon het nie, aan die hof gesê.

“Ek aanvaar geen gevangenskap nie. Ek eis dat ek dadelik vrygelaat word,” het hy aan die hof gesê voordat beveel is dat hy aangehou word totdat sy verhoor op 16?April begin.

’n Hol gelag het uitgebreek in die deel van die hof waar die oorlewendes gesit het toe Breivik sy eis om onmiddellike vrylating herhaal het.

Breivik, geklee in ’n donker pak, het by sy aankoms in die hof sy geboeide hande eers op sy bors gedruk en toe na die mense in die hof uitgehou in wat mnr. Geir Lippestad, sy regsverteenwoordiger, bestempel het as ’n “ekstreem-regse saluut”.

“Hy wou die verregses wys hy is een van hulle,” het Lippestad gesê.

* Volg Rapport op Twitter en Facebook

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.