Britse pa speel wit kaart en wen

2013-02-23 23:05

Die besluit om twee Suid-Afrikaanse kinders uit die Verenigde Koninkryk (VK) uit te skop, het ’n media storm in die land ontketen. Justin Tutt (29) se seun en dogter sou in Maart gedeporteer word, omdat Tutt volgens die nuwe immigrasiewet glo nie gen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die besluit van die Britse owerhede om twee Suid-Afrikaanse kinders uit die land te skop, het ’n mediastorm in die land ont­keten toe die kinders se pa aan joernaliste gesê het sy wit kinders sal nie in “misdaad-geteisterde” Suid-Afrika oorleef nie.

Ná ’n reeks televisie- en radio-onderhoude en druk van die publiek het die Britse immigrasiekantoor die afgelope week van deuntjie verander.

Justin Tutt (29) se seun, Seth (8), en sy dogter, Leigh (5), sou in Maart gedeporteer word omdat Tutt glo nie genoeg verdien om hulle in Brittanje te hou nie en hulle nie vir welsyntoelaes in aanmerking kom nie.

Tutt het die kinders verlede maand in Kimberley kom haal om by hom te bly ná die selfmoord van hul Suid-Afrikaanse ma, sy eksvrou Deidre Tutt.

Brittanje se immigrasiewetgewing bepaal dat Seth en Leigh nie in die land kan bly nie omdat die kinders in ’n gesin moet bly wat minstens £22 500 (sowat R300 000) per jaar verdien.

Tutt verdien as kroegman £120 (R1 600) per week en sy verloofde is met kraamverlof.

Sy aansoek om vaste verblyfpermitte vir die kinders het misluk en hy moes hulle na Suid-Afrika stuur om in pleegsorg geplaas te word.

Tutt het meer as 20 prokureurs gaan sien, maar niemand kon help nie. As laaste uitweg het hy hom tot die media gewend. Hy het aan die media gesê sy grootste vrees is dat sy kinders vermoor of verkrag sal word in Suid-Afrika omdat hulle wit is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.