Brittanje weer op sy eentjie

2011-12-10 23:13

Brittanje was sedert 1904 nog nooit so geïsoleer in Europa soos nou nie.

Dít is oorwegend die konsensus nadat die premier, mnr. David Cameron, op die afgelope week se dramatiese spitsberaad van die Europese Unie (EU) sy vetoreg gebruik het teen ’n Duits-Franse plan om lidstate te verplig om begrotingsdissipline toe te pas.

Cameron het verreikende toegewings vir die Britse finansiële sektor in Londen geëis, waardeur dié veel meer regte as Londen se mededingers in Frankfurt, Parys en Amsterdam sou kry.

Dit was deel van Cameron se beleid om allerlei bevoegdhede wat tans by die EU in Brussel berus, na Londen terug te bring.

Sy houding was egter nie aanvaarbaar vir die oorweldigende meerderheid van die EU-lande nie. Van die 27 lidlande het slegs Hongarye saam met Cameron gestem. Dié regering het onderneem om die plan aan sy parlement voor te lê.

Tsjeggië en Swede het buite stemming gebly, ook met die doel om hul parlemente te raadpleeg.

Indien dié parlemente instem, is dit 26 stemme vir bondskanselier dr. Angela Merkel en pres. Nicolas Sarkozy in die een hoek van die kryt, en slegs één vir Cameron in die ander hoek.

Die jaar 1904 is hier belangrik.

Tot dié jaar het agtereenvolgende Britse regerings ’n beleid van “splendid isolation” van die vasteland gevolg en slegs ingemeng as hy gemeen het ’n moondheid word ’n bedreiging vir hom.

Met die Anglo-Boereoorlog het Brittanje egter ingesien hoe afgesonder hy is en in 1904 het hy ’n verdrag, die sogenaamde Entente Cordiale, met Frankryk gesluit.

Cameron het Vrydagaand ’n groep Tory-parlementslede in sy ampswoning onthaal.

Volgens berigte staan sy party bankvas agter hom.

En met die kiesers se groeiende skeptiese houding teenoor die EU, sal sy houding in Brussel hom waarskynlik by die stembus bevoordeel.

Maar die oordeel van ingeligte waarnemers was oorwegend vernietigend.

The Guardian se hoofopskrif gisteroggend het gelui Cameron het die land se ankertou deurgekap en in die berig word geskryf Brittanje is “sy plek kwyt aan die tafel waar Europa se toekoms en die nuwe euro-stelsel bepaal sal word”.

Brittanje is “volledig afgesonder”, volgens die koerant.

Andersyds haal Bild-Zeitung ’n Duitse lid van die Europese parlement, mnr. Martin Schulz, só aan: “Ek twyfel of Brittanje nog lank in die EU gaan bly.”

Die Welt het geskryf: “Nog nooit was Brittanje só afgesonder in die EU nie.”

Met die Britse veto het die ander lande besluit om die Duits-Franse plan buite-om die EU te aanvaar en sonder die Britte voort te gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.