Christendom nie meer ’n Europese geloof

2011-12-31 18:15

As Christene werklik die sout van die aarde is soos die Bybel sê, het daardie sout die afgelope 100 jaar baie deeglik deur die dis getrek.

In die eeu sedert 1910 het die Christendom so suksesvol wêreldwyd versprei (en ook so vinnig in sy gebied van oorsprong verswak) dat daar nou nie meer ’n geografiese middelpunt vir dié geloof is nie.

Dit blyk duidelik uit die verslag Global Christianity, wat pas deur die Amerikaanse godsdiensnavorsingsinstituut Pew Forum gepubliseer is en waarskynlik die omvattendste bestaande meningspeiling oor die stand van die Christendom as wêreldgeloof is.

Uit dié verslag blyk dit ’n derde van die wêreldbevolking (2,18 miljard mense) is Christene, wat min of meer dieselfde proporsie as 100 jaar gelede is.

Dit beteken die Christendom is steeds die grootste wêreldgeloof. (Islam, die naasgrootste, maak minder as ’n kwart van die wêreldbevolking uit.)

Christene is egter veel wyer versprei as voorheen met die gevolg dat Europa, wat in 1910 die tuiste van twee derdes van die wêreld se Christene was, nou net die tuiste van 26% van Christene is.

Die twee Amerikas het veel meer Christene as enige ander wêreldstreek, terwyl die getal Christene in Afrika suid van die Sahara sedert 1910 sewevoudig toegeneem het van 9% tot 63% van die bevolking.

Die verslag lys van die eienaar­dige gevolge van dié wêreldwye verspreiding van die Christendom oor die afgelope eeu:
* Die getal Protestante in Suid-Afrika (36 550 000) is vandag veel meer as die Protestante in Duitsland (28 640 000) waar die Protestantse revolusie begin het.
* Brasilië het twee keer soveel Katolieke as Italië, die tradisionele tuiste van die Rooms-Katolieke Kerk.
* Hoewel die Christendom in die Midde-Ooste begin het, is dit deesdae die streek met die kleinste hoeveelheid Christene (sowat 13 miljoen) en die laagste proporsie Christene (4% van die bevolking) van enige van die wêreld se bewoonde gebiede.
* Die drie lande met die grootste Christelike bevolkings (die VSA, Mexiko en Brasilië) is al drie in die Amerikas.
* Die hoeveelheid Europeërs wat hulself Christene noem, het die afgelope 100 jaar van 95% tot 76% gedaal.

Afrika suid van die Sahara is die streek waar die Christendom die afgelope eeu die vinnigste gegroei het.

Wat veral oor die suide van Afrika opvallend is, is hoe sterk die evangelistiese Christendom hier is.

(Evangelistiese Christene is volgens die verslag dié wat ’n groot klem plaas op die ervaring van “wedergeboorte”, die gesag van die Bybel en gelowiges se plig om ongelowiges te bekeer.)

Afrika suid van die Sahara huisves 38% van die wêreld se evangelistiese Christene – in totaal meer as enige ander wêrelddeel.

Evangelistiese Christene vorm in dié streek 13% van die bevolking.

Die volledige verslag kan gelees word by pewforum.org.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.