Cindy Crawford se dogter volg in haar loopplankspore
2012-01-21 22:48
Cindy Crawford word gereken as een van die bekendste modelle tot nog toe – en nou volg haar dogter in haar voetspore.
Kaia, die tienjarige dogter van Crawford en haar man, Rande Gerber, het pas in ’n advertensie vir Young Versace verskyn.
Op die foto’s kyk sy reguit in die kamera met haar hande in haar sakke.
Die klere wat sy vertoon, is vir kinders tot die ouderdom van 12.
Die keuse om haar te gebruik was voor die hand liggend omdat haar ma in die 1990’s die inspirasie vir baie Gianni Versace-skeppings was.
“Ek is verheug dat Kaia vir die reeks gekies is. Ek het net mooi herinneringe van die tye saam met Gianni en Donatella. Daar is iets baie spesiaals aan die Huis van Versace,” sê Cindy.
Die fotograwe Mert Alas en Marcus Piggott het die foto’s geneem vir die opening van die eerste Young Versace-boetiek in Milaan, Italië.