Die hare, die stap: dis ‘Diana’

2012-07-07 22:07

Die rolprent-Diana. Naomi Watts in die rol van prinses Diana in ’n nuwe fliek “Caught in the Flight” oor die ontslape prinses van Wallis. Foto: Splashnews

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die nuwe fliek oor Diana, prinses van Wallis, heet nou eenvoudig ­Diana en nie meer Caught in Flight nie.

Volgens cinemablend.com is dié besluit geneem omdat Diana baie meer onmiddellik “herkenbaar” sal wees as die meer “dramatiese” Caught in Flight.

Die hoofrol word deur die Britse aktrise Naomi Watts vertolk.

Diana word tans in Kroasië, Mosambiek en Londen geskiet.

Vroeë foto’s wys Watts kwyt haar goed van haar taak.

Sy het die Diana-stap, met een hand wat die rok vashou, tot die haarstyl en selfs daardie skaam laggie.

Diana gaan oor die laaste twee jaar van die prinses se lewe en word as ’n liefdesverhaal bestempel. Dit lig die sluier oor Diana se verhouding met die chirurg dr. Hasnat Khan.

Khan word vertolk deur Naveen Andrews, wat die bekendste is om sy rol as Sayid Jarrah in die TV-reeks Lost.

Die prinses was 36 toe sy op 31 Augustus 1997 in ’n motorongeluk in Parys, Frankryk, gesterf het.

Die fliek volg ook die verhouding met Dodi al-Fayed.

Watts (43) het al in rolprente soos 21 Grams en King Kong gespeel, maar word dikwels verkeerdelik as ’n Australiese aktrise gesien omdat sy haar loopbaan in die Australiese sepie Home and Away begin het.

Diana sal na verwagting in Februarie volgende jaar in Frankryk uitgereik word.

Watts het erken sy was erg op haar senuwees om die rol van die prinses te speel, berig die Daily Mail.

“Sy is deel van ons geskiedenis. ’n Merkwaardige vrou en fassinerend met ’n tragiese einde,” het Watts gesê.

Watts het na die voorstad Kensington in Londen verhuis om voor te berei vir die rol.

Sy het veral Diana se gunsteling- plekke soos The Harbour Club en Beauchamp Place as deel van haar voorbereiding besoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.