Die rolprent wat Islam beledig het

2012-09-13 13:27

Benghazi. – “Jy dra nie onderklere nie. Bedek jouself.”

“Jammer.”

Later, met sy kop op haar skoot: “Sien jy nog die duiwel? Sit jou kop tussen my bene. Sien jy nog die duiwel?”

Só lui van die dialoog in Innocence of Muslims, ’n amateuragtige fliek waarin die profeet Mohammed uitgebeeld word as biseksueel en ten gunste van buite-egtelike seks en pedofilie. Woede oor die fliek het glo bygedra tot die dodelike aanval op die Amerikaanse konsulaat in Benghazi, Libië.

Sam Bacile (56), ’n Israels-Amerikaanse eiendomsmakelaar wat blykbaar die fliek geskryf, regisseer en vervaardig het, het gesê die fliek is bedoel om Islam as ’n haat­like geloof uit te beeld.

“Islam is ’n kanker. Die fliek is politiek, nie oor geloof nie.”

Hy het gesê hy het sowat $5 miljoen (sowat R45 miljoen) van 100 Joodse skenkers gekry. Hy het glo 60 akteurs en 45 produksielede bymekaar gekry vir die fliek, wat verlede jaar oor drie maande in Kalifornië geskiet is.

Dele van die Engelse fliek is al sedert Julie stuk-stuk aanlyn beskikbaar, waaronder twee lokprente van meer as ’n minuut en byna 13 minute onderskeidelik. Dit het eers aandag begin trek toe iemand ’n uittreksel in Arabies vertaal het.

Die greep is oor Egiptiese TV vertoon waar dit bestempel is as ’n Kopties-Christelike en Amerikaanse sameswering om die profeet in ’n slegte lig te stel. Dit word deur Islamiete as ’n geloofs­oortreding beskou om die profeet op enige manier uit te beeld. Bacile kruip nou weg.

Later in die lokprent word ’n vrou wat sê sy is ouer as 120 jaar deur twee kamele uitmekaar getrek nadat sy uitvaar oor die profeet se bloeddorstigheid.

* Die Amerikaanse ambassadeur in Libië, Chris Stevens, het op die herdenkingsdag van die 9/11-tragedie in New York in 'n aanval deur Islamitiese ekstremiste gesterf. 4 Amerikaners is dood en ten minste nog 12 mense is beseer in die voorval.

– AP, YouTube, Foxnews.com, Daily Mail, The Telegraph, Yahoo! News 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
72 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.