Dirty Harry boemerang op Romney

2012-09-01 23:02

Mitt Romney, Republikeinse kandidaat in die Amerikaanse presidentsverkiesing later vanjaar, se groot oomblik is Donderdag byna heeltemal bederf.

Hy het gehoop op ’n media-ophef toe hy Dirty Harry, oftewel die akteur Clint Eastwood, Donderdag as ’n verrassingspreker op die party se konvensie in Temba, Florida, laat praat het.

Maar die toespraak van die legendariese 82-jarige Eastwood was so vreemd en onsamehangend dat dit die afgelope twee dae die enigste ding was waaroor almal gepraat het.

En Romney se belangrike aanvaardingstoespraak in dié presidensiële verkiesingsveldtog is meestal deur die media geïgnoreer.

Volgens The New York Times wou Romney se adviseurs hulle distansieer van Eastwood, wat op die verhoog verskyn het met ’n reuse-foto van hom as ’n hardekwas-karakter in ’n spaghetti-western met rewolwers in sy hande.

Hy het voor ’n gehoor van miljoene mense ’n stoel nader getrek en toe ’n onsamehangende gesprek gevoer met die stoel, oftewel ’n “onsigbare” pres. Barack Obama.

“Mnr. die president, hoe hanteer jy beloftes wat jy gemaak het toe jy aan die verkiesingsveldtog deelgeneem het en hoe hanteer jy dit? Ek bedoel, wat sê jy vir mense?” het Eastwood in ’n stadium vir die stoel gesê.

’n Storm het binne sekondes op die sosiale netwerk Twitter losgebars en daar is erg die spot gedryf met die akteur.

“Clint het nou op een slag meer gepraat as in die laaste drie rolprente waarin hy gespeel het,” het die rolprentresensent Richard Roeper getwiet.

Eastwood was veronderstel om vir 5 minute te praat, maar sy sinlose gesprek het byna 12 minute geduur.

Hy het onder meer gesê wanneer iemand nie die werk doen nie, moet jy hom laat gaan en toe sy vinger oor sy keel getrek.

Op die konferensie het die skare gejuig en Dirty Harry se bekende kenreël geskreeu: “Go ahead, make my day.”

Maar agter die skerms het Romney se adviseurs glo telkemale gebloos oor Eastwood se opmerkings, berig Reuters.

Ná sy toespraak het Romney se beeldpoetsers Eastwood verdedig. “Hy is ’n Amerikaanse ikoon,” het Gail Gitcho, Romney se woordvoerder, aan CNN se Piers Morgan gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.