Dis mý teorie, sê speurder

2012-07-15 00:01

Stephen Birch (links) kuier in Februarie saam met Martin van Wyk (regs).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Wes-Kaapse private speurder beweer ’n jare lange kennis het sy ­ondersoek na die vermiste Britse meisie Madeleine (Maddie) McCann ­gekaap om roem en rykdom te bekom.

Rapport het verlede week berig Stephen Birch, ’n Wes-Kaapse eiendomsontwikkelaar, beweer hy het die graf van Maddie, wat in 2007 in Portugal uit haar ouers se hotel­kamer verdwyn het, met ’n grondpenetrasie-radarmasjien sowat 130 m van dié hotel gevind.

Nou beweer Martin van Wyk (47) Birch is net agter die beloning van £2,5 miljoen (sowat R32 miljoen) aan.

Van Wyk betwis Birch se bewering dat hy 15 maande aan die ondersoek gewerk het. “Hy het my eers in September verlede jaar gekontak om te vra of hy kan help. Ek werk al sedert kort nadat Maddie in 2007 vermis geraak het hieraan,” sê Van Wyk.

Volgens Van Wyk ken hy Birch al sedert 1992 en sou hulle in September vanjaar saam die vakansieoord in Portugal besoek het.

“Ek het al my navorsing, foto’s en teorieë met Birch gedeel. Die eerste ding wat hy wou weet, is hoeveel die beloning was, maar nou sê hy kamstig hy weet niks daarvan af nie?”

Van Wyk het aan Rapport erken dat hy self ook agter die reuse-beloning aan is, want “natuurlik wil jy weet daar’s iets aan die einde van die reënboog”.

Hy wou hom nie te veel uitlaat oor hoe hy by die soektog na Maddie betrokke geraak het nie, want hy het glo ’n siener gebruik en voel mense neem hom as gevolg daarvan nie ernstig op nie.

“Ek het al aan baie sake saam met haar (die siener) gewerk, maar toe ek dit vir die oorsese owerhede noem, wou hulle niks verder met my te doen hê nie.”

Een ding waaroor Van Wyk en Birch saamstem, is dat Maddie onder ’n nuwe pad in die agterplaas van Robert Murat (wat destyds die hoofverdagte in die verdwyning was en wie se familie die eiendom langs die hotel besit) begrawe is.

Volgens Van Wyk het die polisie die eerste keer Murat se erf afgesper meters van waar hy glo Maddie begrawe is en daarom het hulle haar toe nie gevind nie.

Birch het glo daarop aangedring dat hy die raaisel wil oplos en het Van Wyk tot sewe keer ’n dag gebel. “Hy’t my eendag gebel om te sê hy wil ook sien wat ek gesien het. Ek het gesê gaan as jy wil, maar moet net nie k*k aanjaag nie,” sê Van Wyk.

Volgens Van Wyk was hy geskok toe hy in die media lees oor Birch se bewerings dat hy Maddie se oorskot gevind het. “Ek het hom gebel om te vra: ‘Wat doen jy?’ Hy het net gesê hy doen sy eie ondersoek en wou nie verder met my praat nie.”

Birch het gister aan Rapport gesê Van Wyk se aantygings is vals en hy is deur sy prokureur aangeraai om geen uitlatings daaroor te maak nie.

Hy het ’n brief aan Maddie se ouers, Gerry en Kate McCann, gestuur om te vra hoekom hulle nie daarop aandring dat die owerhede die moontlike graf oopgrawe nie.

“Hulle is op pad Indië toe om daar na hul dogter te soek, maar hoekom kan hulle nie net daar gaan kyk nie?” vra Birch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.