ET en sy maats kom nie aarde toe om te speel

2010-05-02 00:45

Ruimtewesens sal hierheen kom “om met ons mee te ding, nie om te speel nie”, sê prof. Stephen Hawking. Foto: discovery

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannes de Villers in Johannesburg en Christine van der Merwe in Londen

johannes@rapport.co.za

“Iewers daarbuite, dalk nie eens so ver hiervandaan nie, is daar ’n rotserige planeet met water, waarop lewe ontwikkel het. En as gevolg van hoe evolusie werk, kan dié ruimtewesens verbasend bekend lyk.”

Die probleem is net dat hulle waarskynlik nie te vriendelik is nie.
Nee, dít is nie die teorieë van iemand wat te veel grilboeke gelees en ruimteflieks soos Independence Day gekyk het nie. Die gedagte dat herkenbare, intelligente ruimtewesens dalk ’n ware bedreiging vir die mensdom kan inhou, is die afgelope week verwoord deur prof.
Stephen Hawking, fisikus en heel moontlik die wêreld se mees gerekende wetenskaplike.

Hawking het Donderdagaand in Londen gepraat by die bekendstelling van die TV-reeks Into the Universe with Stephen Hawking, waarin hy oor die moontlikheid van lewe in die buitenste ruim bespiegel. (Die program word in Oktober in Suid-Afrika op die Discovery-kanaal uitgesaai.)

Selde nog is gedetailleerde teorieë oor die aard van ruimtewesens uit so ’n agtenswaardige oord gehoor.

Hawking sê ruimtekreature sal baie soos aardse diere kan lyk.

“As hulle eet, sal hulle ’n gat vir insette benodig, dus ’n mond. As hulle op ’n vaste oppervlak lewe, het hulle waarskynlik bene. As die planeet goed belig is, is dit omtrent gewaarborg dat hulle sal oë hê.”

Maar dit is veral Hawking se teorie dat ruimtewesens ons vyandiggesind kan wees wat ’n beroering veroorsaak het.

Ruimtewesens sal aarde toe kom “om mee te ding, nie te speel nie”.

“Ek vermoed hulle reis in massiewe skepe en as hulle al die hulpbronne op hul tuisplanete opgebruik het, sal hulle nomadies raak, op soek na wêrelde wat hulle kan verower en koloniseer.”

Is dit ongewoon dat so ’n gerespekteerde wetenskaplike hom oor ruimtemannetjies uitlaat?

Nie noodwendig nie, sê dr. Claire Flanagan, sterrekundige van die Johannesburgse Planetarium.

“Alle sterrekundiges besef dat daar miljarde en miljarde sterre is. So, ons wonder almal soms wat daarbuite is.

“Maar ons moet ook erken ons weet nie regtig wat om te verwag nie. Daar is ernstige wetenskaplikes wat hulle met die soektog na intelligente ruimtelewe besig hou, maar dit is nog nie deel van die wetenskaplike hoofstroom nie.”

Uit Smithfield in die Vrystaat sê mnr. Henk Swanepoel, een van Suid-Afrika se amateurnavorsers oor lewe in die buitenste ruim (Swanepoel bedryf ’n soeksentrum met satellietskottels), hy deel nie Hawking se vrese vir gevaarlike ruimtewesens nie.

Lewe ontstaan op planete met dinge soos aardbewings en vulkane – en dus word lewensvorme gewoonlik uitgewis voordat hulle te ver kan ontwikkel.

Geen lewe gaan ooit lank genoeg bestaan om te ontwikkel totdat dit ruimte en tyd kan oorwin om tot hier te reis nie, sê hy. “Intelligente lewe sal uitgewis word voordat hulle ooit tot hier kan kom.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.