Gekultiveerde Britte wys hul agtertangsheid

2010-03-06 23:08

Deel van 'n skaakstel wat pres. Zuma vir die Britse koningin as geskenk gegee het. (Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die een voorval ná die ander is op mekaar gestapel. Uiteindelik was die wedersydse afkeer tussen pres. Zuma en die Britse samelewing só duidelik dat hy met sy vertrek ’n bitter smaak in die mond moes gehad het.

Die Britse pers gaan al maande lank te kere oor Zuma se veelwywery, sy hordes kinders en sy rondslapery. Dit was dus nie vreemd nie dat ’n rubriekskrywer van die The Daily Mail, Stephen Robinson, ’n giftige aanval op die president gedoen het deur na hom te verwys as ’n “seksgeobsesseerde dweper” en ’n “walglike hanswors”. Hy het ook na sy “maniese promiskuïteit” verwys.

Internasionale etiket vereis dat ’n besoeker, ongeag hoe hy werklik voel, beleefd sal glimlag en bo sulke onbeskoftheid verhewe sal wees.

Maar aan die vooraand van sy vertrek het Zuma ’n fout begaan deur in ’n onderhoud met die koerante van die Suid-Afrikaanse Independent-groep te velde te trek teen die Britse “neerbuigende imperialiste” wat meen alles uit Afrika is barbaars.

Dié verontagsaming van etiket is met oorgawe op sy brood gesmeer. Die rubriekskrywer Will Heaven het in die The Daily Telegraph reguit gesê Zuma se kultuur is nie barbaars nie, “maar jy is beslis”.

Dalk kon Zuma iets by die koningin oor etiket geleer het, was Heaven se oordeel.

Meer subtiel was ’n verslaggewer in die The Guardian, wat neerbuigend geskryf het oor Zuma se “suitable attire” toe hy deur Koningin Elizabeth verwelkom is.

Die blote feit dat die verslaggewer dit vermeldenswaardig gevind het, spreek boekdele.

Al die persberigte het gehamer op die president se sekslewe en die korrupsieklagte teen hom.

Klem is gelê op die verskil tussen hom en oudpres. Nelson Mandela. Sommige het gekla oor die informele kleredrag van die amptenare in sy geselskap en die luide manier waarop hulle oor hul selfone praat.

Selfs in die parlement is onder luide gelag die draak gesteek met Zuma se besoek. Waar hy sy opwagting in die openbaar gemaak het, het die Britse publiek hom grotendeels geïgnoreer.

Om alles te kroon wou premier Gordon Brown niks weet van Zuma se pleidooi dat die sanksies teen Zimbabwe opgehef moet word nie.

Daarmee is die belangrikste oogmerk van die gesprek met Brown nie bereik nie.

’n Mens kan sekerlik baie negatiewe dinge oor Zuma sê.

Maar die dag toe onbeskoftheid en beledigende gedrag uitgedeel is, het die Britte gewis heel voor in die ry ingedruk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.