Ghaddafi-uitspraak veroordeel

2010-02-27 23:27

Leiers van die VN en EU het die naweek ontsteld gereageer op ’n versoek van Libië se pres. Moeammar Ghaddafi dat Moslems wêreldwyd ’n “heilige oorlog” teen Switserland moet voer.

“Ek dink dit is onverskoonbaar dat ’n staatshoof sulke uitsprake maak,” het mnr. Sergei Ordzhonikidze, direkteur-generaal van die VN, die naweek gesê.

Ghaddafi het Donderdag gesê Switserland is ’n heidense staat wat graag moskees verwoes en dat Moslems ’n djihad teen dié land moet voer.

Dit kom nadat Switsers onlangs in ’n referendum gestem het dat die bou van minarette (torings wat gewoonlik by moskees gebou word) in hul land verbied word.

“Enige Moslem in enige deel van die wêreld wat met Switserland saamwerk, verraai sy/haar geloof, (die profeet) Mohammed, God en die Koran,” het Ghaddafi gesê.

“Moslems moet na lughawens opruk en keer dat Switserse vliegtuie land. Moslems moet keer dat Switserse skepe hul hawens aandoen en hulle moet winkels en markte deursoek om te keer dat Switserse goed daar verkoop word.”

Die Switserse departement van buitelandse sake wou tot dusver nie op Ghaddafi se opmerkings reageer nie.

’n Woordvoerder vir die EU se departement van buitelandse sake het egter Ghaddafi se uitsprake as ”betreurenswaardig” bestempel.

“Dit kom op ’n tyd dat die EU juis nou saam met Switserland werk om ’n diplomatieke oplossing vir die twis tussen dié twee lande te kry,” het me. Lutz Guellner gesê.

Betrekkinge tussen Switserland en Libië is al sedert 2008 wankelrig toe ’n seun van Ghaddafi in’n Geneefse hotel in hegtenis geneem is op ’n klag dat hy huisbediendes mishandel het.

Hoewel hy later vrygelaat is, het Libië gereageer deur ’n olieboikot teen Switserland af te kondig, miljarde dollars uit Switserse bankrekenings te onttrek en twee Switserse sakemanne in Libië in hegtenis te neem.

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.