Haai. Meneer! Waarna kyk jy?

2010-02-06 23:12

’n Werknemer van Macquarie Private Wealth praat op televisie terwyl ’n kollega in die agtergrond na byna naakte foto’s van ’n model op sy rekenaarskerm kyk.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Bankier is uitgevang dat hy na gewaagde foto’s op sy rekenaar kyk toe sy doen en late regstreeks op Australiese televisie uitgesaai is.

Die werknemer van Macquarie Private Wealth het na foto’s van die Australiese model Miranda Kerr gekyk, salig onbewus daarvan dat ’n kollega naby hom besig was met ’n regstreekse televisie-onderhoud oor die Australiese ekonomie.

Australië se Seven Network het die onderhoud Dinsdag uitgesaai, met die foto’s wat duidelik op die rekenaarskerm op die agtergrond te siene is. In ’n stadium het die man omgedraai, reguit in die televisiekamera gekyk en besef alles wat hy gedoen het, is opgeneem.

Die voorval het ’n internasionale treffer op YouTube geword, waar dit al meer as 200?000 keer gekyk is en vyf sterre gekry het.

Australiese koerante het Woensdag wyd daaroor berig.

Macquarie Bank, wat in Australië bekend staan as die “miljoenêrs­fabriek”, het gesê hy beskou die saak in ’n ernstige lig.

“Macquarie het ’n streng beleid oor die gebruik van tegnologie en die kwessie rondom die regstreekse uitsending op Seven News kry intern aandag,” het die bank aan plaaslike media gesê. - Reuters

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Gerhard 2/7/2010 4:52:24 AM
Hierdie persoon het 'n email oopgemaak wat iemand aan hom gestuur het, dit was nie sy skuld nie en Macquarie het nie teen hom opgetree nie.
Gerhard 2/7/2010 4:55:57 AM
Honderde mans het verniet hul lewens verloor in daai oorlog as gevolg van De Klerk, Botha en Meyer se veraad, hulle weet dit net so goed soos ons en moet elke dag daarmee saam leef. Ek hoop jy geniet jou luukse aftrede, mnr. De Klerk.
Brolloks 2/7/2010 8:26:37 AM
Bankamptenare is ook maar net mense, en die mans wat daar werk warmbloedig.
Jy sal verstom wees om te sien wat op die studente-intranetwerke van sommige van ons SA universiteite te sien is....
F1 2/7/2010 8:48:17 AM
Môre Gerhard. Jy staan te vroeg op !!
hennie 2/7/2010 10:29:44 AM
De Klerk sal enige iets kwytraak om sy en sy ewe swak kollegas se dade te regverdig.
Andries 2/7/2010 10:48:23 AM
Ha - ha. Lekker gelag. Dis 'n normale ou wat 'n oog het vir 'n mooi poppie. Zoom 'n bietjie in boys.
Wolfie 2/7/2010 11:16:12 AM
Kry 'n lewe....... Die vrouens het darem klere aan gehad. Dis seker 'n oorgewig vrou wat die berig geskryf het. Hou op om oor k@k te skryf.
eelt 2/7/2010 1:54:18 PM
Wolfie: 'Oorgewig' vroue is oor die algemeen vol pret, en koerante moet darem nou en dan ietsie ligs insit wat nie oor die ANC gaan nie. Kry self eerder 'n lewe.
Vetaanvaarding blog: verslanking.wordpress.com
pieter 2/7/2010 9:46:03 PM
Miskien was hy en die model vriende? dit sal een manier te wees om haar vinnig famous te kry ne...
Eurea 2/8/2010 2:17:39 PM
Van 'n dame: Mooi bly mooi
LOL 2/9/2010 11:32:59 AM
Het nou op youtube gaan kyk.. Dis net Funny!! Maar ek moet bieg, Youtube, Koerant lees en Facebook is altyd lekker by die werk!!!

Lekker stoutgatte :)
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-18°C Sunny. Mild. Pta: 9-28°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 7-24°C Sunny. Mild. Bfn: 3-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 16-25°C Sunny. Mild. PE: 13-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T 120kW
2002
R 85,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 259,990.00

BMW

330i E90 AT
2008
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...