Húlle is glo agter fliek oor profeet

2012-09-18 13:59

Die rolprent wat die afgelope week tot anti-Amerikaanse betogings in die Moslem-wêreld gelei het, is heel moontlik deur ’n Christelike organisasie gefinansier, deur ’n veroordeelde bedrieër geskryf en deur die regisseur van erotiese flieks vervaardig.

Terwyl die hele wêreld die laaste paar dae kop gekrap het oor wie verantwoordelik was vir dié rolprent wat Moslems in talle lande tot bloeddorstige anti-Amerikaanse betogings aangevuur het, blyk dit nou dit is deur ’n onwaarskynlike alliansie van gelowiges en ’n pornografiese rolprentmaker vervaardig.

’n Uittreksel van bykans 14 minute lank van Innocence of Muslims is op die internet beskikbaar.

Die fliek en die uittreksel beeld die profeet Mohammed as ’n sedelose bedrieër uit.

Tot gister was slegs die skuilnaam van die skrywer, ene Sam Bacile, bekend, maar gisteroggend het die polisie in Kalifornië ’n 55-jarige man, Nakoula Basseley Nakoula, aangekeer weens die vermoede dat hy Bacile is.

Hoewel die owerhede in die VSA benadruk het die skryf van die fliek is nie ’n misdaad nie, is Nakoula vir ondervraging aangekeer omdat hy ’n veroordeelde bedrieër is wat tans op parool is nadat hy tronkstraf van 21 maande uitgedien het.

Deel van sy paroolvoorwaardes is dat hy nie die internet mag gebruik of onder ’n skuilnaam kan optree nie.

Nakoula het vermoedelik die fliek geskryf en op die internet gelaai, wat daartoe gelei het dat ’n Egiptiese TV-stasie daarop afgekom en die geweld uitgebreek het.

Daar word voorts vermoed die fliek is gemaak deur ’n Christelike groep met die naam Media for Christ, terwyl die regisseur die 65-jarige Alan Roberts is, wat in die verlede al sagte pornografieflieks met name soos ­Young Lady Chatterley en The Happy Hooker-trilogie vervaardig het, berig die webwerf Gawker.

Intussen het die Amerikaanse regering laat blyk hy gaan soldate stuur om die anti-Amerikaanse geweld in die Moslem-wêreld te bekamp.

Ná ’n week waarin betogings by Amerikaanse ambassades in talle lande talle lewens geëis het, het ­Leon Panetta, die Amerikaanse minister van verdediging, aangekondig hulle gaan die buitelandse ontplooiing van hul troepe aanpas om dié geweld, wat steeds wyer uitkring, in bedwang te probeer kry.

Benewens die Amerikaanse ambassadeur in Benghazi, Libië, wat saam met drie van sy landgenote om die lewe gebring is, is minstens twee mense voor die ambassade in Soedan doodgemaak en ’n soldaat deur ’n aanvaller in Afganistan vermoor.

In albei gevalle is wraak oor die fliek as rede aangevoer.

Voorts is die VSA se ambassades in onder meer Libanon, Jemen, Indië, Tunisië en Egipte aangeval.

Selfs in Australië, waar dié soort geweld ongehoord is, het byna 500 Moslem-betogers gister die strate van Sydney ingevaar om eers voor die Amerikaanse ambassade te betoog en later na die middestad op te ruk.

Talle van hulle het plakkate gedra met slagspreuke soos: “Onthoof almal wat die Profeet beledig.” Reuters, AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.