Israel oorweeg grondaanvalle ná Hamas onbeskaamd mik na Jerusalem

2012-11-17 23:27

Israelse soldate staan by hul basis net buite die sentrale Gasastrook. Dit was nadat ’n Hamas-missiel Donderdag die lewens van drie Israeli’s noord van die Gasa­strook geëis het. Foto: Reuters

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hamas, die Islamitiese weerstandsbeweging in die Gaza-strook, het Jerusalem eergister gebombardeer.

Dié optrede word as ’n “astrante stap” beskryf – nie eens Saddam Hoessein het gedurende die Golf-oorlog van 1991 dit gedurf waag om missiele op Jerusalem te vuur nie.

Die feit dat Hamas eers Tel Aviv – Israel se sakesentrum – en toe Vrydag heilige Jerusalem gebombardeer het, word wyd beskou as ’n verhoogde aanval op Israel, het Michael Oren, Amerikaanse ambassadeur in Israel, gister gesê.

Hoewel die vuurpyle geen werklike skade aangerig het nie, was dit baie naby aan die twee dig bevolkte stede.

The New York Times het dié ’n “astrante stap” genoem waarvan selfs Hoessein weggeskram het.

Die Israelse Verdegingsmagte (IDF) het gister ’n moontlike grondaanval op Gaza bevestig, en gesê reeds 16 000 van 30 000 opgeroepte reserviste het aangemeld.

Die Israelse kabinet het Donderdag gehoor gegee aan ’n IDF-versoek om die maksimum getal reserviste na 75 000 te verhoog. Gerugte het kort daarna vlam gevat dat ’n bloedige grondaanval op hande is.

Avigdor Liberman, Israelse buitelandse minister, het gister aan ’n plaaslike TV-kanaal gesê die grondaanval as deel van “Operasie Steunpilaar van Verdediging”, het nie ten doel om Hamas omver te werp nie.

“Ons oorweeg beslis ’n grondaanval, maar om Hamas te oorrompel, dít is iets vir die volgende regering,” het hy gesê.

Liberman het ook gesê die IDF sal sy aanvalle op Hamas en ander terroriste organisasies in die Gaza-strook net staak wanneer Israel sy doelwitte behaal om vuurpyle en toenemende weerstand in die kiem te smoor.

“Elke keer wat Hamas (op Israel) vuur, sal daar ’n harder en feller reaksie wees,” het hy bygevoeg.

Sowat 50 bomaanvalle is gisteroggend op Israel geloods nadat vuurpyle Vrydagnag heen en weer tussen Gaza en Israel gevlieg het.

Sedert Woensdag se aanvang van Operasie Steunpilaar, het Palestina 660 vuurpyle afgevuur, maar net 27 het in beboude gebiede geval. Israel het 213 onderskep.

Die Israelse lugmag het 200 teikens Vrydagnag getref wat die militêre operasie se totaal op 830 te staan bring.

Haaretz, ’n Israelse koerant, het gister berig sowat 500 mense het in Nazarene geprotesteer teen die IDF se planne van ’n grondaanval.

Die linkse Meretz-party het gesê Israel moet eerder deur Egipte met Hamas onderhandel vir ’n skietstaking.

“Ervaring het geleer grondaanvalle is ’n versekering van bloedige chaos,” het partyvoorsitter Zahava Gal-On gesê.

Mediese personeel het gister gesê 38 mense is in Gaza dood en 345 beseer sedert Israel vyf dae gelede met lugaanvalle begin het.

Drie Israeli’s is in dieselfde tyd dood.

Intussen het Hamas gister ’n groep buitelanders verhoed om die beleërde strook te verlaat, waaronder 22 joernaliste.

Turkye en Egipte het gister gedurende ’n noodvergadering Israel vir die geweld geblameer.

The Jerusalem Post het berig die IDF het vroeg gisteroggend Ismael Haniyeh, Hamas-leier, se hoofkwartiere getref, asook die polisiehoofkwartiere.

Ter plaatse het Cosatu dié aanval ten sterkste veroordeel en gesê planne van ’n grondaanval tesame met die aanvalle gister, herinner aan die opbou tot die inval van Gaza in 2008.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
152 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 15-23°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA(SA) - Product Controller

Centurion
Communicate Midrand Finance

Hotel Accountant - Tzaneen

Polokwane
Network Finance Sunninghill
R240 000 - R300 000 Per Year

Market Risk Analyst

Sandton
Communicate Midrand Finance
R400 000 - R600 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!