Kate loop deur onder skerp tong

2013-02-20 14:44

Den Haag. – Catherine, hertogin van Cambridge en vrou van prins William, is ’n  “winkelpop” sonder ’n eie persoonlikheid aan wie “bepaalde vodde gehang word”. Haar enigste doel in die lewe is om geboorte te gee aan ’n troonopvolger.

Dié heftige aanval op Kate is reeds op 4 Februarie deur die bekroonde skrywer Hilary Mantel in ’n lesing gedoen, maar die nuus daaroor het die media pas gister getref – en onmiddellik wye en woedende reaksie uitgelok.

Mantel is die skrywer van twee romans oor koning Hendrik VIII se ses vroue, waarvoor sy die Booker-prys ontvang het. Sy het die aanval gedoen in ’n lesing wat deur die London Review of Books gereël is en verskeie koninginne en adellike vroue van die Tudor-tyd tot vandag – met inbegrip van Kate – behandel.

Oor Kate het sy geen goeie woord gehad nie. Kate is “pynlik maer”, sy is deur ’n “komitee ontwerp en deur ambagslui gemaak, met ’n perfekte plastiekglimlag en die speke van haar ledemate met die hande gedraai en met vernis afgewerk”, iemand wat “heeltemal gedefinieer word deur die klere wat sy aan het”. Haar oë is “dood”.

Mantel het Kate ongunstig vergelyk met Anne Boleyn, tweede vrou van Hendrik VIII wie se kop uiteindelik afgekap is. Boleyn was ’n “magspeler, ’n slim en vasbeslote vrou”. Maar ofskoon Kate se kop nie in gevaar is nie, sal hul uiteindelike lot dieselfde wees: “Uiteindelik is Anne gewaardeer vir haar liggaamsdele, nie haar intellek of haar siel nie; dit was haar baarmoeder wat sentraal was ... ’n koninklike vrou is ’n koninklike vagina.”

Bowendien lyk Kate “so anders as Diana, wie se menslike onbeholpenheid en emosionele onvermoë uit elke gebaar geblyk het”.

Oor die koninklike familie het Mantel gesê hulle “het nie dieselfde moeite om aan te teel as pandas nie, maar pandas en koninklikes is net so duur om te bewaar en swak by die moderne omgewing aangepas”. Sarkasties het sy daarop laat volg: “Maar is hulle nie interessant nie? Is hulle nie mooi om na te kyk nie?”

Die lesing het reeds gister skerp reaksie uitgelok. Joe Little, redakteur van die tydskrif Majesty wat oor koninklikes verslag doen, het gesê: “Dit klink asof sy oor iemand praat wat sy nooit ontmoet het en van wie sy niks weet nie ... Dit kom uit die bloute. Dit lyk ongelooflik onvriendelik.”

Emma Barnett, die Daily Telegraph se vroueredakteur, het die lesing as “goedkoop en wreed” bestempel, terwyl die Daily Mail dit in die opskrif bo sy berig as “giftig” beskryf het. Ook Nick Barton, hoof van ’n welsynorganisasie wat deur Kate gesteun word, het die aanval afgekeur en gesê die hertogin is ’n “intelligente vrou”.

In haar verdediging het Mantel gister gesê Kate was nie haar teiken nie, maar die monargie as sodanig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.