Kiwi’s pos SA verpleegster

2012-10-07 00:19

Die verpleegster van Pretoria, net bekend as Annie, wat in Nieu-Seeland afgedank is oor haar “onbevoegdheid” en “skel en kortaf” Afrikaanse aksent. | Foto: Doug Sherring/Herald on Sunday

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Vrou van Pretoria wat in Nieu-Seeland as verpleegster gaan werk het nadat sy glo verkrag is, is afgedank weens beweerde onbevoegdheid, haar houding en klagtes van pasiënte en kollegas oor haar “skel en kortaf” Afrikaanse aksent.

Die 50-jarige Annie, soos die vrou vra om genoem te word, het nou besluit om die wêreld te vertel hoe sy verneder is nadat dit aan die lig gekom het honderde ander buitelandse verpleegsters sukkel ook om in Nieu-Seeland aan te pas.

Byna een uit elke drie van die 47 000 geregistreerde verpleegsters op dié eilande is van die buiteland. Sowat 600 het in ’n ondersoek van die Nieu-Seelandse verpleërsvereniging gekla hulle sukkel met die geweldige streng eksamens wat hulle moet slaag om te wys hul Engels is goed genoeg.

Annie het in 2010 in die hoësorg-eenheid van die Waikato-hospitaal in die gelyknamige dorpie naby Hamilton op Nieu-Seeland se Noord-eiland begin werk.

Sy sê sy ly aan post-traumatiese stres nadat drie mans glo nege dae voor haar vertrek na Nieu-Seeland by haar huis in Pretoria ingebreek en haar drie uur lank verkrag het.

Rapport kon nie vasstel of die verkragting by die polisie aangemeld is nie.

Daar was gou klagtes. Haar kollegas het gesê sy is “onbevoeg”. Sy is van wangedrag aangekla en op 2 Augustus 2011 afgedank.

Annie het aan die Herald on Sunday gesê sy is kort nadat sy ’n lynbestuurder vertroulik oor die verkrag-insident ingelig het deur die hospitaalbestuur geboelie en onregverdig behandel.

Die bestuur het voorgestel sy skakel in vir beradingsessies by die werknemer-ondersteuningsprogram. Dít sou haar kwansuis “bietjie harder” maak.

Sy is ook versoek om haar persoonlikheid te verander én om ’n taalkursus te volg om haar Afrikaanse aksent, wat volgens die bestuur “skel en kortaf” was, te verander.

Volgens haar regsverteenwoordiger, Simon Buckingham, het die hospitaal sy plig versuim om ondersteuning te verskaf aan ’n personeellid wat aan stres ly. Hy sê daar is baie mense in dieselfde bootjie.

Annie het besluit om die Waikato-distriksgesondheidsraad by die werknemer-verhoudingsgesag oor onbillike afdanking te verkla. Die verplegingsraad het die afdanking reeds ondersoek en tersyde gestel. Annie het intussen ander werk gekry.

Mary Anne Gill, ’n woordvoerder van die distriksgesondheidsraad, het aan Rapport gesê die hospitaal het die nodige bystand aan Annie gegee toe sy vorendag gekom het met die bewerings dat sy verkrag is. Dit het hulp ingesluit met die manier waarop sy kommunikeer ná klagtes van kollegas en pasiënte.

Ondanks ’n oriëntering-, ondersteuning- en toesigprogram het Annie volgens Gill nie voldoen aan die standaarde wat vereis word van geregistreerde hoësorgeenheid-verpleegsters nie.

* Die werknemer-verhoudingsgesag het Annie intussen versoek om die volle besonderhede van haar bewerings teen die hospitaal te verskaf, aangesien dit nie tydens haar gesprekke met die hospitaal aan die lig gekom het nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 7-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-17°C Sunny. Mild. Bfn: 0-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Partly cloudy. Mild. PE: 14-18°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!