Klub 27 'n mite

2011-12-21 08:29

Die klub 27-verskynsel is ’n mite.


Musikante het nie ’n groter kans om op dié ouderdom dood te gaan nie. So sê ’n Australiese navorser wat ná die sangeres Amy ­Winehouse se dood besluit het om dié verskynsel met statistiese metodes te ondersoek.

Jim Morrison, Jimi Hendrix, Janis Joplin en Kurt Cobain is nog sangers wat in dié ouderdom dood is.

Mnr. Adrian Barnett, ’n statistikus aan die Queensland University of Technology, het sterftes onder bekende Britse musikante teen sterftes in die algemene Britse bevolking vergelyk.

Die maatstaf vir roem was dat hulle tussen 1956 en 2007 ’n nommer een-album in Brittanje moes gehad het.

Die navorsers het vasgestel 71 (7%) van ’n groep van 1 046 musikante is dood.

Hulle kon geen verband met die ouderdom 27 vind nie, maar het wel vasgestel dat musikante ’n twee tot drie keer groter kans as die algemene Britse bevolking het om in hul 20’s of 30’s te sterf.
Daar was ook in die 1970’s en 1980’s ’n groep sterftes onder musikante tussen 20 en 40, maar nie in die laat 1980’s nie.

Die navorsers vermoed dit het iets te doen met die beter behandelingsmetodes wat onder meer vir heroïenverslawing gevind is en dat die musiektoneel in die 1980’s van harde rockmusiek na popmusiek verander het. -- BEELD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.