Koerant sê Lance skuld hulle

2012-10-13 22:10

Die Sunday Times voel die onteerde fietsryer Lance Armstrong skuld hom dalk geld.

Dié Londense weekblad het vyf jaar gelede sowat £1 miljoen (sowat R14 miljoen) bestee om hom teen ’n lasteraksie deur Armstrong te verdedig. Dit het gekom nadat die koerant in 2004 beweer het Armstrong (41) gebruik onwettige middels.

Pas nadat Armstrong in ’n verdoemende verslag deur die Amerikaanse agentskap teen onwettige middels (Usada) van ’n gesofistikeerde opkikker­program beskuldig is, het Sunday Times aangedui hy oorweeg regstappe teen Armstrong, wat ’n klag van bedrog insluit.

Die koerant meen daar is ’n moontlikheid dat hy die geld wat hy aan die verdedigings­aksie bestee het, asook ’n skikkingsbedrag, kan terugkry.

Sunday Times en Armstrong het destyds buite die hof geskik. Die koerant het Armstrong toe ook om verskoning gevra.

Armstrong het in Augustus vanjaar aangekondig dat hy nie langer Usada se beskuldigings gaan beveg nie.

Hoewel hy meen Usada se verslag is ’n sameswering teen hom, is hy lewenslank uit fietsry geskors en van sewe Tour de France-titels gestroop.

Die verslag bevat onder meer beëdigde verklarings deur van sy voormalige spanmaats wat hom nie net van die gebruik van onwettige middels beskuldig nie, maar ook dat hy ’n “kultuur” van die gebruik van sulke middels in die span gevestig het.

Volgens Mark Fabiani, ’n woordvoerder van Armstrong, gaan hy nie kommentaar lewer op Sunday Times se dreigement van regsaksie nie. Armstrong ontken steeds die gebruik van enige onwettige middels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.