Koninklike heuwels fantasties

2012-09-16 00:47

Die Franse tydskrif Closer het dié gewraakte koninklike naakfoto’s gepubliseer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Asof kaalborsfoto’s van die toekomstige koningin nie genoeg is om die Engelse briesend in hul tee te laat stik nie, het dit aan die lig gekom dat intieme foto’s van haar van ’n veel warmer aard bestaan.

Dit is egter deur die Franse tydskrif wat die oorspronklike kaalfoto’s gepubliseer het van die hand gewys omdat dit “te woes” was.

“Ander koerante kan dit dalk publiseer, maar ons het daarteen besluit,” het Laurence Pieau, redakteur van die tydskrif Closer, volgens die Britse poniekoerant Daily Star gesê.

Die foto’s is twee weke gelede geneem terwyl prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, ontspan het by die luukse vakansievilla Château d’Autet in die suide van Frankryk wat aan lord Linley, die koningin se neef, behoort.

Dit is nie bekend wie die foto’s aan Closer verkoop het nie, maar daar is aanduidings dat verskeie fotograwe uit verskillende hoeke foto’s geneem het.

Closer se 14 foto’s is oor vyf bladsye versprei en Kate se borste kan op agt van die foto’s gesien word, terwyl ’n ander foto haar kaal agterwêreld wys terwyl William haar met sonroom insmeer.

Closer staar ’n hofgeding in die gesig nadat die koninklike paartjie ’n klag van privaatheidskending by die Tribunal de Grande Instance in Parys ingedien het.

Die tydskrif én die fotograwe kan ’n jaar tronkstraf en ’n boete van €45 000 (sowat R484 645) opgelê word.

Kate en William is oortuig as hulle nie optree nie, sal hulle net soos sy ma, prinses Diana, aan paparazzi-boelies blootgestel word.

Ondanks die dreigende hofsaak het die Italiaanse skindertydskrif Chi aangekondig hy beplan om 26 bladsye vol “vakansiefoto’s” van die koninklike paartjie te publiseer.

Sowel Closer as Chi word uitgegee deur die Mondadori-mediagroep, wat deur die voormalige Italiaanse premier Silvio Berlusconi besit word.

Huffington Pos
t berig die redakteur van Chi, Alfonso Signorini, meen die foto’s wys die “alledaagse lewe van ’n baie beroemde, moderne, verliefde paartjie. Die feit dat hulle die toekomstige regeerders van Engeland is, maak dit interessant en aktueel.”

Intussen het ’n twiet van Piers Morgan, bekende televisie-aanbieder, baie reaksie ontlok: “Daar is ’n rede waarom die koningin nog nooit afgeneem is terwyl sy bostukloos was of kaal poker gespeel het nie. Dit word gesonde verstand genoem.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.