Sy maak ogies vir my

2013-02-23 23:05

’n Google Glass-toestel. Dit bestaan uit ‘n spesiale brilraam sonder lense en met ‘n klein skermpie voor die een oog. | Foto: AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In Amerika sê hulle: “Okay, Glass.”

Dalk sal ons op Afrikaans iets sê soos “Luister, ou glas” as ons ons slim brilrame om inligting vra.

Dit is nou as die Google Glass, ’n revolusionêre nuwe brilraam met ’n klein deurskynende skermpie voor een oog, so algemeen soos selfone sou word.

Die tegnologiereus Google het die afgelope week nuwe inligting bekend gemaak oor dié produk, wat hy hoop om vroeg volgende jaar te koop aan te bied.

Vroeë weergawes is aan ontwikkelaars in Amerika beskikbaar teen $1 500 elk (meer as R13 000).

Dave Duarte, ’n digitale bemarkingskonsultant van Kaapstad, voorspel dat dié “absoluut fassinerende” stuk tegnologie aan die begin “baie antisosiaal” sal wees.

Hy voorspel dit sal onder meer gewild wees onder sportlui wat hul prestasies wil meet of gevaarlike toertjies wil beeldsend terwyl hulle oefen, of motor­bestuurders wat hul bestemming met Google se kaarte wil vind en die aanwysings letterlik voor hul oë wil sien verskyn.

Met Glass sal jy waarskynlik vreemde mense se gesigte kan herken en inligting oor hulle kan verkry. “Mense sal baie versigtig wees vir diegene wat ’n Glass dra,” waarsku Duarte.

Net soos ’n mens kan agterkom dat iemand jou nie in die oë kyk wanneer julle gesels nie, sal jy kan sien iemand lees iets op sy Glass-skerm eerder as om na jou te luister, sê Duarte.

“Dit sal wees soos as iemand ’n teksboodskap op ’n selfoon lees terwyl hulle met jou praat.”

Selfone is reeds bekend daarvoor dat hulle mense se aandag aftrek. “Tot een in elke vyf mense loop in iets vas terwyl hulle teks op hul fone lees.”

Duarte wonder ook hoe dit sal wees om die hele dag ’n internettoestel aan jou kop te hê.

Die 500 uitverkorene ontwikkelaars en tegnologie-ghoeroes wat Google se nuwe katoeter kan koop om te toets, sal Google help vasstel waarvoor kopers dit uiteindelik sal gebruik.

Daar is natuurlik bedenkinge oor Glass. Lesers van The New York Times se webwerf waarsku Glass sal verkeersbotsings veroorsaak, mense in goed laat vasloop, mense nog meer selfgesentreerd maak en dat almal eintlik idioties sal lyk as hulle dit dra.

Ook adverteerders sal hul produkte onder jou neus wil vryf deur dit op die bril te laat verskyn, is gemaan.

Ene Joe se kommentaar is egter: “Weerstand is futiel.”

Google beloof ’n nuwe wêreld: Jy sal op die toestel se skerm kan lees hoe laat jou vlug vertrek. Jy sal jou bril gou vir ’n vertaling van ’n frase in ’n vreemde taal kan vra.
Of uitvind of die slang wat voor jou in die bergpaadjie lê giftig is deur daarna te kyk, ’n foto te neem en dit te Google.

En dit alles sonder om jou hande te gebruik, want Glass word geaktiveer met die woorde: “Okay, Glass.”

Julie Taylor, kommunikasiehoof van Google in Afrika suid van die Sahara, het aan Rapport gesê daar is nog nie ’n vaste bekendstellingsdatum vir Glass nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.