Lance se gifbeker, 2 vroue

2013-01-20 01:16

Lance Armstrong Foto: AFP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lance Armstrong se eksvrou staan in die middel.

Aan die een kant beskerm die gevalle fietsryheld Kristin (39), met wie hy van 1997 tot 2003 getroud was.

Hy sê sy was net ’n “onskuldige toeskouer” toe hy die Tour de France oorheers en verbode middels gebruik het.

Aan die ander kant is daar Betsy Andreu, die vrou van Armstrong se voormalige spanmaat Frankie en die “fluitjieblaser” wat etlike jare gelede al Armstrong se gebruik van onwettige middels openbaar gemaak het.

Vir Armstrong was Betsy sy grootste vyand nadat sy onder eed getuig het sy het Kristin gevra wat haar gevoel oor eritropoiëtien (EPO, die verbode middel wat sportmanne gebruik om die produksie van rooibloedselle te stimuleer) is.

Kristin se reaksie was: “Dis ’n noodsaaklike euwel.” Dit staan in sterk kontras met die vrou wat Armstrong in sy onderhoud met Oprah Winfrey as ’n “slim vrou en baie gelowig” bestempel het.

Volgens Armstrong “was Kristin nie so nuuskierig” oor sy verlede en sy gebruik van verbode middels nie.

“Miskien wou sy net nie weet nie. Ek dink ek het haar ook beskerm,” het hy aan Winfrey gesê.

Die Amerikaanse agentskap teen verbode middels het in sy verslag verlede jaar bevind dat Kristin nou betrokke was by haar eksman se gebruik van verbode middels.

Benewens Betsy het verskeie ander ooggetuies bevestig Kristin was by toe Lance die middels gebruik het en selfs in een geval “pille toegedraai en aan ryers uitgedeel” het.

Jonathan Vaughters, nog ’n ryer, het getuig Kristin het aan hom gesê hulle hou EPO in hul yskas aan. Andreu het ná Armstrong se tweede biegsessie op TV en sy verwysing na haar getuienis van destyds gesê sy het gehoop hy sou dié keer die volle waarheid vertel.

“Maar ek kon dit frieken nie glo wat ek sien en hoor nie. Hy het hier en daar die waarheid vertel. Ek het gevoel ek wil hom bel en vir hom sê hy is ’n moroon. Al sy goeie bedoelings het hy ongedaan gemaak.”

Het Sheryl Crow van haar eksverloofde se EPO-gebruik geweet?

Die 50-jarige sangeres en Armstrong was sedert 2003 ’n paartjie, waarna hulle in 2005 verloof geraak het. Hulle het die verlowing in 2006 verbreek.

Volgens die Wall Street Journal het hulle twee onafhanklike bronne gekry wat bevestig het dat Crow wel van die fietsryer se “skandaal” geweet het.

Bronne: www.nydailynews.com; www.dailymail.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.