Maak kindermoordenaar se identiteit bekend, pleit Britse pa

2010-03-13 23:19

’n Britse pa wat verkeerdelik as die kleutermoordenaar Jon Venables uitgeken is, pleit nou by die sekretaris van justisie om Venables se regte identiteit bekend te maak.

Mnr. David Calvert (27), ’n pa van vier, het aan Sky News vertel hy leef in “vrees” nadat ’n Facebook- en SMS-veldtog hom as Venables, onder ’n nuwe identiteit, geëien het.

Venables is in 1993 as medepligtige skuldig bevind in die opspraakwekkende moord op James Bulger (2) in Bootle, Mersey­side.

Die polisie ondersoek nou klagte van kinderpornografie teen hom.

Hy en Robert Thompson het met hul vrylating in 2001 nuwe identiteite ontvang omdat daar vir hul lewens gevrees is nadat hulle slegs agt jaar van hul vonnis uitgedien het.

“Tot hul (nuwe) name nie genoem en identiteite bekend gemaak word nie gaan ek die res van my lewe uitgestoot en verskree word,” het Calvert gesê. “Ek was trots op my naam, maar omdat mense dit vernietig het, is dit nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie.”

Die Facebook-blad is opgestel kort nadat bekend gemaak is dat Ven­ables weer ondersoek word.

Teen die tyd dat die blad verwyder is, het dit reeds duisende gebruikers gelok. Sky News Online

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.