Malawi-president sny haar eie salaris
2012-10-04 04:48
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Blantyre – Joyce Banda, president van Malawi, het aangekondig
dat sy 30% van haar salaris sal sny as deel van die regering se poging
om kostes te sny.
Banda, Afrika se tweede vroulike president ná
Liberië se Ellen Johnson Sirleaf, is in April as president ingehuldig ná
die dood van pres. Bingu wa Mutharika.
Banda en haar adjunk,
Khumbo Kachali, gaan albei hul salarisse met 30% sny, maar het bygevoeg
dat sy nie die res van die kabinet gaan dwing om dit te doen nie, omdat
dit hul keuse is.
Banda het ook bevestig dat haar regering die land se omstrede presidensiële vliegtuie gaan verkoop.
Die
aankope van die vliegtuie drie jaar gelde, deur Mutharika, het
buitelandse skenkers ontstoke gelaat. Banda het vroeër gesê dat sy nooit
die vliegtuig sal gebruik nie.
-- NUUS24