McCaw ‘swing’ na blonde Brit
2013-01-05 23:23
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
In Nieu-Seeland is die skindertonge los oor die ysterflank Richie McCaw, kaptein van die All Blacks, se romantiese flirtasie met ’n vrou van Engeland wat glo wilde sekspartytjies reël en boonop ’n getroue vriendin is van prinses Catherine, die hertogin van Cambridge.
McCaw (32) en Emma Sayle (34) maak volgens die webwerf Stuff in Nieu-Seeland ogies vir mekaar nadat die twee mekaar tydens die All Blacks se toer in Brittanje einde verlede jaar ontmoet het.
Sayle, wat haar as ’n Christen beskryf, is blykbaar die eienaar van Killing Kittens, ’n swingers-klub waar paartjies tot R2 500 betaal om die partytjies te mag bywoon.
Swingers is paartjies wat kans sien vir seksuele verhoudings met ander.
Sayle was vroeër verloof aan Liam Botham, seun van die voormalige Engelse krieketspeler Ian Bo- tham. Liam is ’n voormalige rugbyspeler wat vir Engeland se o.21-span gespeel het. Sayle is vroeër ook aan die sy van die Engelse rugbyspeler James Haskell gesien.