Miljoendollar-boek oor seksmal Britney

2012-01-21 22:48

Britney Spears

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Britney Spears staal haar vir die publikasie van ’n boek waarin al die seksgeheime om haar wilde eskapades uitgelap word.

’n Voormalige lyfwag, Fernando Flores (31), wat in 2010 vir die Toxic-sangeres gewerk het terwyl sy die wêreld vol getoer het, sê hy het genoeg gesien van orgies, driespel en seks met ander vroue om ’n dik boek daaroor te kan skryf.

Hy beweer hy het reeds ’n miljoendollar-kontrak met ’n uitgewer onderteken. Die boek word na verwagting in die Amerikaanse somer – dieselfde tyd dat Spears (30) die derde keer voor die kansel staan – gepubliseer.

Die sangeres en Jason Trawick (40) is sedert 2009 ’n paartjie nadat hy as haar bestuurder by William Morris Endeavor Entertainment begin werk het. Hulle het einde verlede jaar verloof geraak.

Flores het na bewering aan ’n vriend gesê Spears het ’n geweldige seksdrang.

“Daar is stories wat enigeen se ­hare sal laat regop staan. Op toer was daar altyd baie jong en aantreklike dansers saam met haar, mans en vroue.”

Volgens Flores het Spears-hulle baie gedrink, dwelms gebruik en stomende sessies in borrelbaddens gehad.

Hy beweer ook Spears het voor hom gespog oor die orgies wat sy al saam met ander vroue gehad het.

Flores het sy voorma­lige werkgewer van seksuele teistering aangekla en dié saak kom na verwagting later vanjaar weer voor.

Hy beweer sy het altyd voor hom uitgetrek en meer as een keer probeer om hom in die bed te kry.

Die Spears-kamp het intussen al Flores se beweringe ontken.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.