Mugabe sterf dán, voorspel TB Joshua
2012-02-18 20:27
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Nhlalo Ndaba en Ray Ndlovu
Die bekende Nigeriese profeet TB Joshua het politici van die regerende Zanu-PF-party in Zimbabwe smoorkwaad nadat hy voorspel het dat ’n “ou diktator in Afrika binne die volgende 60 dae sal sterf”.
Joshua was een van die gewildste figure in Zimbabwiese politiek en veral onder Zanu-PF-partyleiers totdat hy tien dae gelede die gewraakte profesie gemaak het.
Pres. Robert Mugabe word Dinsdag 88 jaar oud. Mnr. Rugare Gumbo, Zanu-PF se woordvoerder, beskuldig Joshua nou daarvan dat hy hom nie soos ’n “kulturele man” gedra nie.
Intussen word Mugabe se kandidatuur in Zimbabwe se komende verkiesing bedreig deur konsepwetgewing dat ’n kandidaat nie ouer as 70 mag wees nie.