Neil Armstrong sterf

2012-08-25 23:09

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Neil Armstrong (82), die Amerikaanse ruimtevaarder wat die eerste mens was wat op die maan geloop het, is gister oorlede.

Sy gesin het in ’n verklaring gesê hy is weens komplikasies ná kardiovaskulêre behandeling dood.

Hulle het hom as ’n “teësinnige held” beskryf wat altyd gesê het dat hy “maar net sy werk gedoen het”.

Armstrong was 38 jaar oud toe hy op 20 Julie 1969 sy voete op die maanoppervlak gesit en een van die bekendste Engelse frases nóg geuiter het: “That’s one small step for (a) man, one giant leap for mankind”.

Armstrong is op 5 Augustus 1930 in die deelstaat Ohio gebore en was van kleins af gefassineer deur vliegtuie. Hy het in die Koreaanse oorlog 78 keer as vlootvlieënier aan gevegte deelgeneem. Ná die oorlog het hy ’n toetsvlieënier geword en die nuutste vliegtuie onder hande geneem, waaronder die X-15-vuurpylvliegtuig waarmee hy tot op die rand van die ruimte gevlieg het.

Hy het sy eerste ruimtevlug in 1966 onderneem. Ná jare van opleiding het die oomblik aangebreek: Op 16 Julie 1969 is Armstrong en sy vlugmaats, Buzz Aldrin en Mike Collins, van die Kennedy-ruimtesentrum maan toe gelanseer.

Ondanks sy kitsroem het Armstrong ’n nederige en uiters private mens gebly. Hy het Nasa verruil vir ’n pos aan die Universiteit van Cincinnati waar hy ingenieurswese aangebied het.

Altesame 24 ruimtevaarders het die maan van Desember 1968 tot Desember 1972 besoek, van wie 12 op die maan gestap het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Barry Saayman sê... @ Mauser Boot Mei 19, 2013 om 08:33 >>"30 000 mense het ook net "verdwyn" in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe..Tog het geen diktator hiervoor ooit een dag in die tronk deurgebring nie. Daar is tot vandag toe nie eens jammer gese nie." Die ABO was erger. "DIE eerste boek oor die swart konsentrasiekampe wat die Britte in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in Suid-Afrika bedryf het... Die boek bevind dat tot 21 042 swartes in dié kampe dood is – baie van hulle aan hongersnood. Daarteenoor is sowat 28 000 Boere-vroue en -kinders in die wit kampe dood....." http://m.news24.com/volksblad/Aktueel/Nuus/n-Eerste-oor-swart-konsentrasiekampe-20120516 Britte ontken of rassionaliseer tot vandag hierdie oorlogsmisdade en daarom kan geen verskoning daarvoor verwag word nie. So rassionalisser/ontken Videla- “Let’s say there were about 7,000 or 8,000 people who had to die in order to win the war against subversion,” Videla said during a series of interviews with journalist Ceferino Reato. “We couldn’t execute them, but we also couldn’t take them to the courts.” Videla admitted his government disappeared political opponents and in some cases stole the victims’ babies—practices he justified as exigencies of war. “There was no other solution,” Videla said. “We agreed that there was a price to pay to win the war and we needed to keep it quiet so that the country wouldn’t see what was happening.” Net so siek soos die Britte wat hulle oorlogsmidsade tot vandag toe vir hulself ontken. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.