Nuwe arms vir ‘baie gewonde kryger’ uit Irak-oorlog

2013-02-03 01:01

Sodra hy sy skenkerarms vrylik kan beweeg en sy hande ’n sterker greep het wil hy bitter graag weer ’n motor bestuur, sê die 26-jarige sersant Brendan Marrocco wat sy bene en arms na ’n bomontploffing in Irak verloor het, na ’n dubbel-arm-oorplanting.

Dié Amerikaanse soldaat se lewe is op 12 April 2009 aan flarde en sy liggaam letterlik in stukke geblaas toe sy weermag-voertuig langs ’n pad in Irak deur ’n vyandelike projektiel getref is.

Die projektiel het die deur waar Marrocco gesit het binnegedring.

Hy het beide sy bene bokant sy knie verloor, sy linkerarm onder die elmboog en sy regterarm bokant die elmboog.

Hy het agt tande verloor en ernstig beserings aan sy regteroogkas, neus en gesig opgedoen.

In ’n nood-operasie is sowat 70 staal-krammetjies gebruik om sy erg geskende gesig en nek aan mekaar te hou.

Op sy Facebook-profiel beskryf hy homself: “gewonde kryger...baie gewonde”.

Die afgelope drie jaar het hy met kuns-bene en arms oor die weg gekom en self, skerts hy, “kort soos ’n dwerg” gelyk, maar op 18 Desember, het hy ’n vroeë kersgeskenk ontvang. Arms van vlees en bloed!

Dié arms - van ’n kadawer - is tydens ’n 13-uurlange operasie op sy arm-stompies oorgeplant.

Beenmurg van die skenker is ook oorgeplant in die hoop dat sy liggaam die vreemde ledemate gouer en met die minimum nodigheid vir medikasie, sal aanvaar.

Die afgelope Maandag het die sersant van Staten-eiland, New York, sy eerste perskonferensie sedert die operasie gehad en Woensdag is hy uit die John Hopkins-hospitaal in Baltimore ontslaan.

Hy het aan ’n groot groep joernaliste gesê hy wil ook aan fietsry-marathonne deelneem en sy doelwitte een na die ander bereik.

Hy wil uiteindelik totaal onafhanklik wees het hy gesê.

Marrocco is besonder ywerig op Twitter en het kort voor en na sy groot operasie boodskappe en foto’s uitgestuur.

Nou, ’n maand na die operasie lui een tweet: “(arms) alreeds ’n bietjie beweeg”.

* Die plastiese chirurg W.P. Andrew Lee en vader van die spesifieke oorplantings-tegniek het aan die Mirror gesê dit sal jare duur om vas te stel presies hoeveel beweging Marrocco uit sy nuwe ledemate sal kry, want die maksimum spoed, vir die senuwee om te herlewe, is sowat 2.6cm per maand.

Sy regterarm het nie baie beweging nie, maar hy is hoopvol dat daar wel beweging verkry sal word, sê Lee.

** Sowat 300 soldate het hul ledemate in onlangse konflik verloor.

Die weermag het Marrocco se operasie geborg en sedertdien is vier soortgelyke operasies op ander soldate uitgevoer.
Bron: Mirror

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.